Rooidrom
In die hinterland van die Kaokoveld
‘n rooi drom genommer met
Jan Joubert se naam daarop geverf:
lukraak vol koeëlgate met ‘n hardekoolstomp
as obelisk daarnaas, skerwe graniet
rondom verstrooi en ‘n plat wit klip
met name gelys as swyende getuies
van ‘n tafereel afgespeel
met leidrade vir hom wat speur.
© Hendrik J Botha, 2023
Remember that the AVBOB Poetry Competition reopened on 1 August 2023. Visit our website regularly at https://www.avbobpoetry.co.za/ for editing tips and advice as well as updates about upcoming workshops.