Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
7 August 2023

Hendrik J Botha. ‘n Nag in die Kalahari

 

‘n Nag in die Kalahari

-The desert is a natural extension of the inner silence of the body

     -Jean Baudrillard-

 

Langs ‘n hardekoolvuur besoek ek opnuut

ons kinderdae met broederskap skeefgetrap.

Verhoudings ontspoor deur verwagtinge,

veral deur vrees om feilbaar ontmasker

te moet staan, so leef ons elkeen apart

 

in ‘n opgemaakte wêreld, loop

ons eie spore mis en plaas mekaar

op ‘n altaar: die skaapram verstrengel

langs hierdie donker pad.

By ‘n vuur vergewe ek jou.

 

*

 

Net voor dagbreek maak ‘n bleeksingvalk

se roep my wakker, staan op en blaas

‘n vonk of twee uit gisteraand se as,

koester die vlammetjie bakhand met droë gras

en takkies tot nuwe vuur vir ‘n swartgebrande ketel

staangemaak op ‘n plat klip.

 

‘n Nuwe dag vir jou, dalk ook vir my.

 

 

© Hendrik J Botha, 08/2023

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Hendrik J. Botha. Blindelings
Hendrik J Botha. Rooidrom →

1e kommentaar op “Hendrik J Botha. ‘n Nag in die Kalahari”

  1. Herman says:
    7 August 2023 at 12:11

    Uitstekende beskrywing Hendrik. Bereddering van skeefgetrapte verhoudings is waarskynlik een van die grootste uitdagings in die lewe.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”
  • Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier
  • Gerard Scharn. die unpersonen
  • Resensie: “Aan de vooravond” (Miel Vanstreels)

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d