Die dag toe my hond
vra ek: hoe skryf jy ‘n gedig oor ‘n hond
as soveel digters, lewend en dood,
dit alreeds voor jou gedoen het?
Hoe skryf ‘n digter oor ‘n dier wat meer mens
dog minder hond was as die meeste rondom ons;
iets verklap van die krake in my karakter,
die woord onvoorwaardelik duidelik
maak nes geduld, lydsaamheid laat beter begryp?
Hoe skryf ek ‘n gedig oor hom
wat dit nou minder nodig het as ekself,
terwyl ék nie regtig weet hoe om te begin nie?
© Hendrik J. Botha, 12/11/2023
Hendrik jou gedig doen jou gestorwe kameraad reuse-eer aan.
Dit bly maar ‘n hondelewe.