Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
4 December 2023

Eduan Naudé. Aksent

 

Aksent

 

My vriend se stem

is ‘n Sondagmiddagslapie

– heel gemaklik

as hy Afrikaans praat

en hy is trots as hy grap

hy is van die Vrystaat,

die enigste staat, af

‘n feit wat hy verklap

wanneer hy met sy aksent

as Khaki moet aanmeld

want dan word sy mond ‘n slagveld

waar die spoeg van harde r’e en t’s spat:

‘Rite, hoes got a lite?’

sê hy as hy sy pyp wil aansteek.

Dit klap teen sy verhemelte

soos ou Sanna’s en mot-mausers

wat die engelse probeer afweer

maar daar is geen keer

aan die konstante konflik

tussen die vyandige twee.

 

Hy sê nie ‘yes’ nie, hy sê ja-nee.

Sy ‘now now’ is nie nou nie, dis eers later

en die verskil tussen ‘is’ en ‘are’,

tussen ‘their’ en ‘there’

sal iemand hom eendag nog moet leer.

 

Ja, my vriend se mond is te platteland,

sy asem te oop soos die Groot Karoo

en al is sy aksent vir ander ‘n klug

tussen sy tande bly lekker juis dit:

lekker!

Al koeksister sy tong ook al hoe

sal hy altyd weet

dat moerkoffie en mosbeskuit

saam bittersoet moet proe,

en sou hy homself ooit

in ‘n vreemde land

met ‘n vreemde taal bevind

bly sy tong ‘n mikstok, rooi gepunt

wat die kind binne hom

soos ‘n wiggelaar wys

waar lê boorgatwater op die plaas,

duskant die opstal,

agter sy huis.

 

 

© Eduan Naudé, 2023.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Eduan Naudé. Hoe om ‘n ou Egiptiese gedig te skryf
Eduan Naudé. Outisme (M) →

2e gedagtes oor “Eduan Naudé. Aksent”

  1. Eduan Naude says:
    7 December 2023 at 13:10

    Ag dankie Nini 😉

    Reply
  2. Nini Bennett says:
    5 December 2023 at 17:26

    Wat ‘n heerlike gedig, Eduan!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • René Bohnen. Weerklink
  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Cussons twee verse oor rose
  • Ferdi Wheeler. Mars
  • Willem M. Roggeman. Het wit van Roger Raveel

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d