Kapoen se einde
Kapoen was ‘n Cortina bakkie.
Sy naam kom van sy kleur,
hy was nie meer in sy fleur.
Al vier sy wiele was gaar,
en sy enjin gereeld onklaar.
Sy eienaar het:
Gereeld die kroeg besoek
gesit in die hoek
en in sy gedagtes na geld gesoek.
Hy moes versekering
en ook boetes betaal
vir die gereg wat hom wil haal
oor Kapoen se bande wat só faal.
Op ‘n dag wil sy vrou trek,
sy het ‘n ander werk.
Hul het die bakkie gelaai,
en om ‘n draai
het ‘n trekker voor hul ingeswaai.
Kapoen is in sy maai.
Niemand is beseer.
Die eienaar het sy les geleer,
die kroeg afgesweer
en paaie begin teer.
© Emile Moelich, 2023.