Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
4 December 20239 December 2023

Joan Hambidge. Die Brooklyn-brug

 I

Hartstad, dwingende stad, ingewikkelde stad,
my eerste elegieë het hier ontspruit;
ek sing vanaand die Westside-Blues.

–

Wat simboliseer die Brooklyn-brug? In die bundel Meditasies (2014) staan daar:

Meditasie, tyd

Tyd immer gekoppel aan ruimte: ʼn sms van jou
op die Brooklyn-brug waar die stad op my wag.
Ek neem ʼn foto van die sterk, grys kabels.
ʼn Brug, beweer Vladimir Propp in sy studie,
is ʼn oorgang tussen twee ruimtes: ʼn koppeling.
Ons sprokie is verby, weet ek, ten spyte van jou
uitreikings na my in ʼn ander ruimte, ʼn ander tyd.
Veel later analiseer ek ons in my hotel op Times Square:
Absentasie of vertrek uit ʼn bekende omgewing (ek),
en ʼn oortreding van jou versoek om nie te vertrek;
o ja, ek is die triekster wat inligting bekom het
oor jou dubbel-lewe en in jou afwesigheid hier,
dit punt vir punt soos die kabels van die brug natrek.
Propp praat verder van die moeilike taak of opdrag,
die uiteindelike rekonsiliasie én transfigurasie.
Helaas wys dié gedig te veel van sy kabels en bane.
Morphology of the Folktale het ek by my terugkeer
soos ʼn wafferse filoloog langsaam en liniêr bestudeer.
Met die Brooklyn-brug as ʼn desktop background.

New York het ek die eerste keer besoek in 1980. En daarna op verskeie kere die stad meegemaak: voor en ná 9/11.

Ons onthou hoe mense Manhattan verlaat het op hierdie brug:

 

 

 

New York, ʼn meditasie

Tydens ʼn slapelose nag in die stad-wat-nooit-slaap
flikker ʼn advertensiebord ʼn beeld van ʼn stappende mannetjie.
Vannag onthou ek die vele mense met roet oor hul gesigte
op die Brooklyn-brug, weg van die gemaal én twee geboue.
Eers die werklike gebeurtenis, dan die vele voorstellings.
Uit verskillende hoeke afgeneem, weergegee en vermenigvuldig.
ʼn Vuur bly brand ter herdenking; foto’s teen mure,
blomme, kruise, onderhoude met naasbestaandes, hou
die herinnering lewend:  pyn is ʼn slaapwandelaar
waarvoor daar geen kuur bestaan, toe of nou.
ʼn Polisiepet, een paar skoene en ʼn speelding
uitgestal in ʼn museum. Net die simboliek van skoene
maak sin: om aan te stap, beweeg, woordeloos te vlug
van hierdie sinnelose daad met geen beskerming
op daardie dag, genaamd 9/11, toe hierdie stad
vir ewig en altyd verklaar word tot ongeneesbare insomniak.

5/10/2011

II

Twee klassieke verse oor hierdie brug is van Hart Crane en Charles Simic.

Hart Crane

The Bridge: To Brooklyn Bridge

How many dawns, chill from his rippling rest
The seagull’s wings shall dip and pivot him,
Shedding white rings of tumult, building high
Over the chained bay waters Liberty—

Then, with inviolate curve, forsake our eyes
As apparitional as sails that cross
Some page of figures to be filed away;
—Till elevators drop us from our day …

I think of cinemas, panoramic sleights
With multitudes bent toward some flashing scene
Never disclosed, but hastened to again,
Foretold to other eyes on the same screen;

And Thee, across the harbor, silver paced
As though the sun took step of thee yet left
Some motion ever unspent in thy stride,—
Implicitly thy freedom staying thee!

Out of some subway scuttle, cell or loft
A bedlamite speeds to thy parapets,
Tilting there momently, shrill shirt ballooning,
A jest falls from the speechless caravan.

Down Wall, from girder into street noon leaks,
A rip-tooth of the sky’s acetylene;
All afternoon the cloud flown derricks turn …
Thy cables breathe the North Atlantic still.

And obscure as that heaven of the Jews,
Thy guerdon … Accolade thou dost bestow
Of anonymity time cannot raise:
Vibrant reprieve and pardon thou dost show.

O harp and altar, of the fury fused,
(How could mere toil align thy choiring strings!)
Terrific threshold of the prophet’s pledge,
Prayer of pariah, and the lover’s cry,

Again the traffic lights that skim thy swift
Unfractioned idiom, immaculate sigh of stars,
Beading thy path—condense eternity:
And we have seen night lifted in thine arms.

Under thy shadow by the piers I waited
Only in darkness is thy shadow clear.
The City’s fiery parcels all undone,
Already snow submerges an iron year …

O Sleepless as the river under thee,
Vaulting the sea, the prairies’ dreaming sod,
Unto us lowliest sometime sweep, descend
And of the curveship lend a myth to God.

Hart Crane, “To Brooklyn Bridge” from The Complete Poems of Hart Crane, edited by Marc SImon. Copyright © 1933, 1958, 1966 by Liveright Publishing Corporation. Copyright © 1986 by Marc Simon. Used by permission of Liveright Publishing. Source: The Complete Poems of Hart Crane (Liveright Publishing Corporation, 2001). https://www.poetryfoundation.org/poems/43262/the-bridge-to-brooklyn-bridge Besoek 3 Desember 2023

Charles Simic

On the Brooklyn Bridge

Perhaps you’re one of the many dots at sunset
I see moving slowly or standing motionless,
Watching either the gulls in the sky or the barge
With a load of trash passing on the river below.

The one, whose family doesn’t want to hear from,
On his way to a night class in acting, passing
An old Chinese waiter going in the opposite direction,
And a bodybuilder and a nurse holding hands.

And what about the one I’m always hoping to run into?
Though I barely remember what she looked like?
She could be one of the few that have lingered on,
Or the one that vanished since I last glanced that way.

https://underpaidgenius20170917.wordpress.com/2015/06/14/on-the-brooklyn-bridge-by-charles-simic/  Besoek 3 Desember 2023

III

Die profetiese Hart Crane (1899 – 1932) en die meer moderne Charles Simic. Die “condense eternity” soos Crane dit stel, teenoor Simic, ʼn Serwies gebore Amerikaanse digter, se nostalgiese vers. Gebore in Belgrado in 1938 en oorlede in 2023. Crane word beskou as ʼn modernis en is beïnvloed deur T.S. Eliot.

New York

O harp and altar, of the fury fused …
– Hart Crane

As jong digter deurkruis
ek jou simmetriese palm
van Oos na Wes van die Hudson
tot by die vele bakens soos die Empire
Rockefeller tot die Bowery Greenwich Village

onwetend toé dat ek telkens sou terug-
keer in herinneringe en foto’s na die Brooklynbrug
ʼn oorgang uit hierdie hartstad besoek met jou,
vertrekkende na die finale oorgang oor ʼn ander brug
die onsigbare in vir altyd wég soos ʼn lang reis

wat net uit onthoue, foto’s en dalk memento’s bestaan
of in ʼn stilfilm soos Fritz Lang se Metropolis stadig uitspeel
met my as die kyker wat die DVD-speler telkens terugdraai
om weer iets van die New York-footage te beskou vorentoe
en agtertoe in hierdie gedig waar jy verewig word in die kneukelhand

van hierdie mitiese stad en één word met alles wat insluit en afsluit.

Joan Hambidge

Bronne:

Lang, Fritz. 1927. Metropolis. https://en.wikipedia.org/wiki/Metropolis_(1927_film) Besoek 3 Desember 2023

Hambidge, Joan. 2014. Meditasies. Kaapstad: Human & Rousseau.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d