Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
7 December 20234 December 2023

Anne-Marie Bartie. logos (grieks- meervoud logoi)

 

logos (grieks- meervoud logoi)

 

logos die plek waar woorde woon

woorde wat soos frangipani ruik in die somer

as asblou lug lou om jou voete vou

– gekoesterd teen jou bors aan die slaap raak.

 

logos is die plek waar woorde statig, geboë loop

agter op jou tong lê, skerp soos leiklip teen jou mondholte skuur

daar waar woorde geen terugkeer het nie

geen omkeer, weerkeer of nakeer nie

waar woorde ʼn eenkeer is

wat smelt soos ysbloed in die reën

 

logos is die vesting waar ek woon

semantiek wat soms gaan rus teen

die vreemdheid van my eie rug

woorde is waar ek veilig voel

sinne, frases suiwer my, vernuwe my

woorde is al wat ek oorhet

dit

wat bibberend verfrissend

ylend in flagrante eerlikheid

soos nageboorte met ʼn kloppende naelstring aan my lippe hang

 

© Anne-Marie Bartie, 2023

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Anne-Marie Bartie. Soluswese
Anne-Marie Bartie. Mosaïek →

1e kommentaar op “Anne-Marie Bartie. logos (grieks- meervoud logoi)”

  1. Charleen Anderson says:
    11 December 2023 at 09:17

    Anne-Marie Bartie Logos is n pragtige gedig.
    Die digter betrek ons op alle emosionele vlakke by die gedig ,van die blydskap wat ervaar word deur soete gedagtes wat soos frangipani ruik en troos bring tot die verligting en vryheid wat ervaar word deur uiting te gee aan wrang woorde wat vlymskerp op die tong lê. Die verwysings na die woorde wat smelt soos ysbloed in die reën sê so baie.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d