Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
17 December 202314 December 2023

Anne-Marie Bartie. Mosaïek

 

mosaïek

 

my lief, ek wil vanaand met jou praat

oor my hande wat die pen van my woorde vashou

oor die labirint waarin ek verdwaal

ek wil met jou gesprek voer oor

hoe agterlosig lief ek jou steeds het

 

hier tussen kastrolle vol appelkose in warm stroop

vadoek oor die skouer

ruik jy die steranys

die naeltjies, die bas van kaneel

weet jy, lief, hoe ek jou onthou

as die wit vlieswolkies in geskroeide somerlug

heilig en rein rustig roer

ek sleep werktuiglik die metaallepel deur die vrugte

my hart in my, ‘n kinderlose baarmoeder

bar en leeg

sien jy, lief, oor die onderdeur

hoe ‘n mosaïek van gekleurde trane

‘n reënboog breek

 

© Anne-Marie Bartie, 2023

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Anne-Marie Bartie. logos (grieks- meervoud logoi)
Anne-Marie Bartie. Utopia →

1e kommentaar op “Anne-Marie Bartie. Mosaïek”

  1. Charleen Anderson says:
    19 December 2023 at 07:53

    Weereens raak Anne-Marie Bartie aan ons hartsnare met haar gedig van n liefde wat nooit tot voltooiing gekom het nie. Met haar gedig Mosaïek ervaar ons saam met haar die hunkering na die liefde wat was, maar ook nogsteeds is. Weereens finominale skryfvaardigheid.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d