Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
5 December 20234 December 2023

Anne-Marie Bartie. Soluswese

 

Soluswese

 

ek is uit my moederskoot gebaar

ʼn droewige enkeling

soluswese wat nêrens juis inpas nie

nie bedraad vir hiedie wêreld nie

hierdie is klaarblyklik nie my woning nie

my benerige wit hande klou verbete vas aan stoele

probeer my eie ewewig bepaal en behou

terwyl mense se  knikkende eierkoppe los op hulle skouers sit

hulle oë peul blou en verstar uit hulle kaste

soos spoke wieg hulle lywe in die heelal, woes en leeg

slymerige woorde kots hulle uit

onreëlmatig, soos branders wat  oor swartklip puntige rotse bars

kakofonie ontplof luid en bar, blindelings die ruimte in

mooi lê vieslik getooi in skuimende rioolopdrifsels van bleek strande

ontgogeling neem my pen oor

my sinne breek wreed uit hulle nate

stinkende woorde wat in my vasdraai soos verrotte mos

verettering loop bitter by my mond uit

iewers het my gedagtes verspoel in stringe bamboes

velore geraak in tydskepping

die wêreld is is nie my woning nie

ʼn soluswese, droewige enkeling is gebore

 

© Anne-Marie Bartie, 2023

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Anne-Marie Bartie. heilige koeie
Anne-Marie Bartie. logos (grieks- meervoud logoi) →

2e gedagtes oor “Anne-Marie Bartie. Soluswese”

  1. Anne-Marie Bartie says:
    9 December 2023 at 09:23

    Baie dankie MC ! Waardeer.

    Reply
  2. MC du Plessis says:
    6 December 2023 at 13:29

    “Gedigte vertaal iets wat buite gebeur na die letterkunde toe. Die geslaagde gedig spreek tot die diepste emosie en nie tot die intellek nie. ’n Goeie gedig gaan op ’n geheime manier om met iets diep binne jou. Dit is nie belangrik om ’n gedig te ‘verstaan’ nie, die leser moet dit eerder op ’n persoonlike vlak voel.” (Volksblad, 25 Januarie 2010)

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Cussons twee verse oor rose
  • Ferdi Wheeler. Mars
  • Willem M. Roggeman. Het wit van Roger Raveel
  • bevan boggenpoel. winter

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d