Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
19 December 2023

Anne-Marie Bartie. Utopia

 

Utopia

 

hỳ het by Apolla gesweer

wat óók by hóm verdwaal het

sy daagikse brood het wit poeier geword

sy eed, ʼn klúg

so sit hy saam met verdoemde eerlikheid

hỳ wat ʼn kwartpond kaas uit ʼn boedel gesteel het

toe steeds onder juridiese eed

almal, om een ronde oliekonka

in hierdie stink gettokamer in Parow

by die Tafel van Camelot

waar ʼn vrot matras in een hoek lê

jinto wydsbeen sit en lek ʼn hoenderbeen af

in die ander hoek ʼn priester vuil en verweerd

met ʼn halwe, geskeurde bybel in een hand

apologeties kweel oor bekering

vir vissies en brood sit en bid

hoeréérder

in sy hand kreukel ʼn kardoes drank

drie-enig sit hulle

filosofeer oor die wysheid van ʼn slang

wat homself ínsluk

bínnetoe vervel

iewers rook ʼn apteker buttons

iewers breek ʼn dienaar bottelkop af

‘vir djou stiek ek vidag’

sónder baklei, in harmonie

in één kamer

perfékte Utopia

 

© Anne-Marie Bartie, 2023

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Anne-Marie Bartie. Mosaïek
Ons lesers se Kersfeesgedigte (1) →

2e gedagtes oor “Anne-Marie Bartie. Utopia”

  1. Nardo says:
    4 December 2024 at 13:59

    Briljant

    Reply
    1. Anne-Marie Bartie says:
      15 December 2024 at 08:30

      Dankie Nardo

      Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d