Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
20 December 202321 December 2023

Ons lesers se Kersfeesgedigte (1)

 

Margaret Cordier

 

Feesmaal

 

Here bring vir ons U goue son

antwoord ons gebede wat wierook brand

in die mirre van duisternis

oor elk verskroeide land

 

laat wyses U ster weer sien

reisigers ‘n blyplek vind

die wat ver is van die fees

nader kom deur die Gees

 

dek vir ons ‘n tafel in die woestyn

waar almal en alleen, saamgetrek

in families vreugde vind –

verkwik word met U brood en beste wyn

 

*

 

Hennie Maartens

 

die heiland kom

 

skaapwagters en skape het dit gehoor

die heiland kom die heiland kom

die blye boodskap is oorgedra deur die enegele koor

die heiland kom die heiland kom

 

sterrekkykers het stip na die lug gekyk

die middelster het hulle oog gevang

hulle kon nie van die teken wegkyk

hulle hoorders het aan hulle lippe gehang

 

reg bo op ‘n stal in Bethelehem het die ster bly hang

tot almal se verbasing is ‘n kindjie daar gebore

tussen die strooi en skape is daar na ‘n bedjie verlang

sonder die geboorte is die mensdom verlore

 

die heiland kom die heiland kom

die heiland het ook vir jou en my gekom.

 

*

 

Anne-Marie Bartie

 

Kersfees op Noordhoek

 

die gemésde ooi is dae voor die tyd bewerk

saaltjoppies gesaag, ʼn sóg geslag vir wors

sorgvuldig, netjies gepak, gemerk

in die parafienkoelkas in die buitespens

heel kumkwart preserve sóét koerkoer-stukke

van die spensrak afgestof met soveel liefde

álles vir die geleerde broer uit die Kaap

ek, die broer se kind, ʼn vierdegeslag Van der Merwe

kleinste, jongste, vir wie die volkies op oukersaand

spesiaal voor die deur kom sing

Stille Nag met pláásneefs

een van landbouskool, een op pas

(met vergunning van Youngsfield)

ék, vyfuur Kersoggend, wat in die koeistal

tussen hooibale vir Maria en Jesus soek

niggie-dorp met haar uitklokrok

en nefie-dorp, ʼn skraal netjiese gentleman

ons wat sit-lê op plate skaapplaatsgras

op Kersdag, onder koel akkerbome

op Noordhoek se werf

Olifantsrivier se ruis ‘n ent pad-af

oompie se Joseph Rogers wat waatlemoen slag

soet rooi kroonstukke vir grootmense

Citrusdal-vrede in my kinderhart

my pa se laggie onder sy hoed

my má se trifle in laterjare

my eíe trifle daarna

my dogters se trifle vanjaar

my kleinseuns wat om my klóék

pláásfees nou n spóóknoot in my Onse Vader

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Anne-Marie Bartie. Utopia
Kersfeesgedigte van ons lesers (3) →

1e kommentaar op “Ons lesers se Kersfeesgedigte (1)”

  1. MC du Plessis says:
    25 December 2023 at 11:04

    Die gedig wek nostalgie en emosies van jare gelede wat met vandag se pen ingekleur word.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d