Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
10 January 202410 January 2024

Wenners van Plek / Landskap & Somer-gedigkompetisie

 

 

WENNERS VAN DIE PLEK / LANDSKAP & SOMER- KOMPETISIE

 

Baie dankie aan elke digter wat deelgeneem het aan hierdie kompetisie. Daar het heelwat goeie gedigte ingekom en die keuse wat beoordelaars moes maak, was moeilik. Uiteindelik het beheersing van die betrokke vorm (sonnet en kwatryn) die deurslag gegee. Hieronder is die wenners van die onderskeie afdelings:

 

WENNER VAN SONNET-AFDELING:

ILSE VAN STADEN

 

WENNER VAN KWATRYN-AFDELING:

JOAN HAMBIDGE

 

WENNER VAN  VERS EN VROU:

DIETLOFF VAN DER BERG

 

***

 

Somer in die Waterberg

(vir Marcella)

 

Eenmaal het jy gevra dat ek

die somer as ʼn haikoe skryf,

die woorde het jy self verstrek:

wit vlinders wat deur warm dae dryf,

wit vlinders in die Waterbergse somer

asof dít vir jou die essensie was

(jy was maar altyd ʼn dromer!)

wat ek in drie versreëls in moes pas.

Maar nou skryf ek vir jou die donker stroom

met babers en waterlelies, die bang

vir rinkhals en luiperd, ʼn doringboom

waaraan bloeisels geelpers lanterns hang,

droogtes en donderbuie en wye blou lug

in die veertien reëls van ʼn onthou-gedig.

 

© Ilse van Staden, 2023

 

Lees by die volgende skakel meer oor die sonnetvorm: https://www.literaryterminology.com/index.php/s/231-sonnet

 

***

 

Landskap

 

In die Hoëveld van ons jeug skyn die helder son:

daardie strale lewegewend oor die groen natuur

met veryste waterdruppels in winters tog verduur;

steeds daardie sonwarmte nog in my Standerton.

 

© Joan Hambidge

 

Lees by die volgende skakel meer oor die kwatrynvorm:  https://www.literaryterminology.com/index.php/k/103-kwatryn

 

***

 

Duzikleigat

 

Vereensaam in sy somer skeppingsplek

gryp hy met soepel hand eers gou die klei

waarmee deur dit verdig en taai te brei,

hy daagliks soek na nuwe lewe wek.

 

Hy skep ʼn romp en sit daar bene aan,

en dan die stert en ook sy grote kop,

nie ongerymd met skerpe horings op

tot dan so net die bees op maat daar staan.

 

In sy verbeelding sien hy helder klaar

hoe hierdie horings alles oop sal skeur

en ritmies, onverbid’lik voort sal beur

tot almal daardie beeld se krag ervaar.

 

Maar sonder eie nuwe skeppingsgees

bly elke bulvers net vyfvoetig bees.

 

© Dietloff van der Berg, 2023

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. Klimaks en denouement in ‘n gedig
Joan Hambidge. Die topoi en tonsuur in die digkuns →

1e kommentaar op “Wenners van Plek / Landskap & Somer-gedigkompetisie”

  1. margaret cordier says:
    12 January 2024 at 07:22

    Veels geluk aan hierdie waardige wenners.
    Pragtig!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d