Neersien
Sodat ek horisonne rondom kan verbreed,
’n hoër visie orals met my saam kan neem.
En ongeërg neersien op al wat leef en beef,
slegs sagte blare uit die boonste krone vreet.
© Hennie Nortje,2023. Noord van Malelane, Turksvy Publikasies.