Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
8 March 2024

Hennie Nortjé. Slegte nuus van my uroloog (M)

 

Slegte nuus van my uroloog

 

‘n Toegewyde voëlkyker is my spesialis:

 

Vrydae na werk as hy daardie gevreesde vinger

vir oulaas uit die Latexhandskoen trek,

kom geveerde spesies klein en groot

deur sy langlens-Canon onder skoot.

 

En nou met my jaarlikse ondersoek,

diagnoseer hy my in ‘n metafoor

soos sekerlik nooit aan hom gedoseer

in al daardie jare op mediese-skool:

 

Meneer, kom ek stel dit so,

u kan maar u kortbeksuikerbekkie

bly blou pilletjies voer

tot elke stertveer

stokstyf rys,

so ‘n verkrimpte tinktinkie

gaan nimmer ooit

as gekroonde neushoring

in enige gerespekteerde

voëlboek pryk.

 

© Hennie Nortjé 2024

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Hennie Nortjé. Neersien
Hennie Nortjé. Streeptrekkers →

4e gedagtes oor “Hennie Nortjé. Slegte nuus van my uroloog (M)”

  1. Elmarie Nienaber Van Kampen says:
    19 March 2024 at 19:52

    Pikant en spitsvondig!

    Reply
  2. André le Roux says:
    8 March 2024 at 15:24

    Pittig en op die man af!

    Reply
  3. Linda Claassen says:
    8 March 2024 at 11:16

    Dit is histeries snaaks en parmantig, kordaat (kort-draad).
    Wonderlike self-spot. Hoogs genotvol.

    Reply
  4. Marieta McGrath says:
    8 March 2024 at 11:01

    Lekker humor.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • René Bohnen. Weerklink
  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Cussons twee verse oor rose
  • Ferdi Wheeler. Mars
  • Willem M. Roggeman. Het wit van Roger Raveel

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d