hooploos
tog vreemd
hoe die mens ánders oor lewe dink
wanneer daar lewe is, maar geen hoop meer
as die geneesheer se oorgawe
‘n pasiënt se lewenshoop
slap in sy oë laat hang
wanneer lewe nie meer
vanselfsprekend is nie
maar ‘n geleende ding
en siekwees die knie moet buig
voor doodwees
© Elmarie Nienaber Van Kampen, 2024
The AVBOB Poetry Competition reopens on 1 August 2024. Visit our extensive archive at www.avbobpoetry.co.za and find inspiration for your writing by reading the work of other poets in all 11 of South Africa’s official written languages. Follow us on social media for news, announcements and opportunities.