münchausen
die verterende psigiese pyn
van ewige behoefte aan aandag en simpatie
eggo in diepgewortelde sielsleemtes
en vul dit infekterend op
totdat ‘n doktersbesoek noodsaaklik word
met aanmelding van
denkbeeldige somatiese simptome
gerugsteun deur
goed-nagevorsde mediese feite
by proxy
en die vraende oë van medici
word behendig en mooitjies herlei
na die vertrouende ogies
van die gedweë kind
‘wyl die wiegiehand sag en troostend
op die blink haartjies rus
© Elmarie Nienaber Van Kampen, 2024