I
Gebore 1935, oorlede 2021.
Die aandag van jou oë (2002) word in 2005 met die Hertzogprys bekroon. Sy debuteer in 1977 met Obool. In 1979 verskyn Patria en in 1984 is daar Liedere van land en see. In 1987 My plek se naam is Waterval en 1995 verskyn In die omtes van die hart.
In 2012 vind ons Om die gedagte van geel. Sy is behalwe vir haar digkuns, vertaler en kortverhaalskrywer. En uitgewer by Tafelberg en mentor vir ander digters.
In ‘n onderhoud bely Müller: ”Musiek is die basiese toestand van die poësie, en as jy dit nie het nie… Dis iets wat hedendaagse digters verwaarloos, want hulle is so op beelde ingestel. Maar dit gebeur met die verwaarlosing van die emosie wat jy deesdae oral teëkom – die musiek val weg.”
http://joanhambidge.blogspot.com/search?q=die+aandag+van+jou Besoek 2 April 2024
Waarskynlik is Eybers en Müller teenoorgestelde digters. Beide vrouedigters. Eybers dig vanuit die verre vreemde; Müller bly in Suid-Afrika en skryf oor die natuur. Die een dig strak; die ander een meer emosioneel.
II
Ons moet weer kyk na Hein Viljoen se artikel ‘Die choreografie van ontwyking’: Die poëtiese krag van negativering by Elisabeth Eybers.
In die opsomming skryf hy:
Hierdie artikel is ‘n verkenning van die opvallende gebruik van woorde met die voorvoegsels on- en ont-, asook ander negatiewe, negativerende woorde, of terme van afstroping (soos die woord sonder en die agtervoegsel -loos, e.d.m.), in Elisabeth Eybers se poësie. Dit is ‘n hermeneutiese ondersoek van die moontlikhede wat negativerende uitdrukkings bied, en na die rol wat hulle in haar poësie en poëtika speel. Eybers roep dikwels ‘n alternatiewe wêreld deur negativering op. Dit is tekenend van haar digterlike ingesteldheid en haar poëtika.
https://literator.org.za/index.php/literator/article/view/1138/1608 Besoek 2 April 2024
Petra Müller
Amsterdam
Petra Müller
Die grag is eindeloos omdat dit
wegval in ’n waterweg. Refleksies wel, en wieg.
Daar daag ’n vaalveld uitgestrek tot aan
’n horison, en bo die horison die geel son
van geregtigheid. Die vrou staan stil, sy trek
die tjalie digter om haar tenger lyf en keer
haar stadig na die graghuis om. Maar kyk nog
eenmaal terug: ek het dit reggekry om nie te lieg.
3 Desember 2007
Hierdie 8-reëlige vers (oktet) speel in op Eybers se belewenis van Amsterdam.
Die grag is eindeloos omdat dit
wegval in ’n waterweg. Refleksies wel, en wieg.
Daar daag ’n vaalveld uitgestrek tot aan
’n horison, en bo die horison die geel son
van geregtigheid. Die vrou staan stil, sy trek
die tjalie digter om haar tenger lyf en keer
haar stadig na die graghuis om. Maar kyk nog
eenmaal terug: ek het dit reggekry om nie te lieg.
Sy versaak die dubbel negatief (nie te lieg nie) om te rym met wieg. Wanneer ons weer na Viljoen se artikel kyk, is dit opvallend dat hierdie gedig dit vermy.
Wie is die “ek” hier? Eybers of Müller? Of dalk albei?
Hierdie leser dink aan die vers “Vademekum” van Eybers waar sy ironies kyk na die digproses:
Reken meer eer aan die letter dan aan die gees.
Die dryfsand of bestand van die digkuns?
https://www.dbnl.org/tekst/_tir001198901_01/_tir001198901_01_0018.php Besoek 3 April 2024
(Versamelde gedigte: 598).
Müller se gedig speel in op talle verse oor die son by Eybers. Of die gedig “Stippel”:
Soms kets haar hartslag ook ‘n stippel haat:
(Versamelde gedigte: 410).
Die geel son van geregtigheid is dalk die oordeel wat ander lesers vel?
Met Eybers wat in “Vademekum” immers waarsku dat jy jou nie moet steur wat ander van jou digkuns dink nie.
Joan Hambidge
3 April 2024
Endnote:
Eybers, Elisabeth. 1990. Versamelde gedigte. Kaapstad: Human & Rouseau. Tafelberg.
Glas
Op reis
In Tarragona het ek toe gesien
Hoedat die vlam die kwarts bedien
Totdat die glas begin te vloei
En uit die asem van die maker swel
As weerloos liggevulde bel
Wat afskulp sonder grein
Of naat.
Jou liefde het my so verlaat.
(Die aandag van jou oë: 2002)
Nico
Nico Müller, verdrink op 5 November 1961 – Ter herinnering
Hoe sal ek jou van hierdie volgehoue stilte red?
Kyk, die jaar is dragtig –
Bome swel, riviere was
En mispels gooi hul vrugte op die grond.
Die jaar het al sy rykdom reeds gebaar
En bly nóg dragtig, swaar met jaar vir jaar
Se steeds herhaalde vrug.
Die dae lê soos jong granate in ons hande, seun;
Elke pit bloei rooi.
Ons het jou op die stam geënt.
Ons het jou in die grond geploeg.
Ons het jou naam by dag en nag geroep
Tot selfs die voëls dit verder dra,
En jý, met al jou ongeskonde vreugdes
Van hand, van voet en mond,
Verklaar jou daagliks onafhankliker,
Groei altyd vaster in die honger grond.
Die wintergras word wit
En om die heuwels loop die paaie
Na alle verre oorde aan.
Ek moet jou naam nog eenmaal noem, in liefde en verset.
Hoe anders sal ek jou van hierdie volgehoue stilte red?
(Obool: 1979).
Van haar belangrikste Prosatekste:
1962 Verlore vallei, Dagbreek-Boekkring
1963 Die windskerm, Human & Rousseau
1980 Werf in die rûens, Tafelberg
1982 Voëls van die hemel, Tafelberg
1993 Die dwerg van Infanta en ander verhale, Tafelberg
1995 In die omtes van die hart, Tafelberg
2007 Desembers (saamgestel deur Rachelle Greeff), Tafelberg
Karen de Wet se huldiging is van belang:
https://naledi.co.za/product/petra-muller-die-skerpgevylde-oomblik-n-huldiging/
Karen de Wet se studie is van belang:
https://naledi.co.za/product/petra-muller-die-skerpgevylde-oomblik-n-huldiging/