Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
3 April 2024

Joan Hambidge. Eybers en ander digters: Petra Müller

 

I

Gebore 1935, oorlede 2021.

Die aandag van jou oë (2002) word in 2005 met die Hertzogprys bekroon. Sy debuteer in 1977 met Obool. In 1979 verskyn Patria en in 1984 is daar Liedere van land en see. In 1987 My plek se naam is Waterval en 1995 verskyn In die omtes van die hart.

In 2012 vind ons Om die gedagte van geel. Sy is behalwe vir haar digkuns, vertaler en kortverhaalskrywer. En uitgewer by Tafelberg en mentor vir ander digters.

In ‘n onderhoud bely Müller: ”Musiek is die basiese toestand van die poësie, en as jy dit nie het nie… Dis iets wat hedendaagse digters verwaarloos, want hulle is so op beelde ingestel. Maar dit gebeur met die verwaarlosing van die emosie wat jy deesdae oral teëkom – die musiek val weg.”

http://joanhambidge.blogspot.com/search?q=die+aandag+van+jou  Besoek 2 April 2024

 

Waarskynlik is Eybers en Müller teenoorgestelde digters. Beide vrouedigters. Eybers dig vanuit die verre vreemde; Müller bly in Suid-Afrika en skryf oor die natuur. Die een dig strak; die ander een meer emosioneel.

II

Ons moet weer kyk na Hein Viljoen se artikel ‘Die choreografie van ontwyking’: Die poëtiese krag van negativering by Elisabeth Eybers.

In die opsomming skryf hy:

Hierdie artikel is ‘n verkenning van die opvallende gebruik van woorde met die voorvoegsels on- en ont-, asook ander negatiewe, negativerende woorde, of terme van afstroping (soos die woord sonder en die agtervoegsel -loos, e.d.m.), in Elisabeth Eybers se poësie. Dit is ‘n hermeneutiese ondersoek van die moontlikhede wat negativerende uitdrukkings bied, en na die rol wat hulle in haar poësie en poëtika speel. Eybers roep dikwels ‘n alternatiewe wêreld deur negativering op. Dit is tekenend van haar digterlike ingesteldheid en haar poëtika.

https://literator.org.za/index.php/literator/article/view/1138/1608  Besoek 2 April 2024

 

 Petra Müller

 

 

Amsterdam

Petra Müller

 

Die grag is eindeloos omdat dit

wegval in ’n waterweg. Refleksies wel, en wieg.

Daar daag ’n vaalveld uitgestrek tot aan

’n horison, en bo die horison die geel son

van geregtigheid. Die vrou staan stil, sy trek

die tjalie digter om haar tenger lyf en keer

haar stadig na die graghuis om. Maar kyk nog

eenmaal terug: ek het dit reggekry om nie te lieg.

 

3 Desember 2007

 

Hierdie 8-reëlige vers (oktet) speel in op Eybers se belewenis van Amsterdam.

 

Die grag is eindeloos omdat dit

wegval in ’n waterweg. Refleksies wel, en wieg.

Daar daag ’n vaalveld uitgestrek tot aan

’n horison, en bo die horison die geel son

 

van geregtigheid. Die vrou staan stil, sy trek

die tjalie digter om haar tenger lyf en keer

haar stadig na die graghuis om. Maar kyk nog

eenmaal terug: ek het dit reggekry om nie te lieg.

 

Sy versaak die dubbel negatief (nie te lieg nie) om te rym met wieg. Wanneer ons weer na Viljoen se artikel kyk, is dit opvallend dat hierdie gedig dit vermy.

Wie is die “ek” hier? Eybers of Müller? Of dalk albei?

Hierdie leser dink aan die vers “Vademekum” van Eybers waar sy ironies kyk na die digproses:

 

Reken meer eer aan die letter dan aan die gees.

Die dryfsand of bestand van die digkuns?

https://www.dbnl.org/tekst/_tir001198901_01/_tir001198901_01_0018.php Besoek 3 April 2024

(Versamelde gedigte: 598).

 

Müller se gedig speel in op talle verse oor die son by Eybers. Of die gedig “Stippel”:

 

Soms kets haar hartslag ook ‘n stippel haat:

(Versamelde gedigte: 410).

 

Die geel son van geregtigheid is dalk die oordeel wat ander lesers vel?

Met Eybers wat in “Vademekum” immers waarsku dat jy jou nie moet steur wat ander van jou digkuns dink nie.

 

Joan Hambidge

3 April 2024

 

Endnote:

 Eybers, Elisabeth. 1990. Versamelde gedigte. Kaapstad: Human & Rouseau. Tafelberg.

 

Glas

 

Op reis

In Tarragona het ek toe gesien

Hoedat die vlam die kwarts bedien

Totdat die glas begin te vloei

En uit die asem van die maker swel

As weerloos liggevulde bel

Wat afskulp sonder grein

Of naat.

 

Jou liefde het my so verlaat.

 

(Die aandag van jou oë: 2002)

 

Nico

Nico Müller, verdrink op 5 November 1961 – Ter herinnering

 

Hoe sal ek jou van hierdie volgehoue stilte red?

Kyk, die jaar is dragtig –

Bome swel, riviere was

En mispels gooi hul vrugte op die grond.

Die jaar het al sy rykdom reeds gebaar

En bly nóg dragtig, swaar met jaar vir jaar

Se steeds herhaalde vrug.

Die dae lê soos jong granate in ons hande, seun;

Elke pit bloei rooi.

 

Ons het jou op die stam geënt.

Ons het jou in die grond geploeg.

Ons het jou naam by dag en nag geroep

Tot selfs die voëls dit verder dra,

En jý, met al jou ongeskonde vreugdes

Van hand, van voet en mond,

Verklaar jou daagliks onafhankliker,

Groei altyd vaster in die honger grond.

 

Die wintergras word wit

En om die heuwels loop die paaie

Na alle verre oorde aan.

 

Ek moet jou naam nog eenmaal noem, in liefde en verset.

Hoe anders sal ek jou van hierdie volgehoue stilte red?

 

(Obool: 1979).

 

 

Van haar belangrikste Prosatekste:

 

1962 Verlore vallei, Dagbreek-Boekkring

1963 Die windskerm, Human & Rousseau

1980 Werf in die rûens, Tafelberg

1982 Voëls van die hemel, Tafelberg

1993 Die dwerg van Infanta en ander verhale, Tafelberg

1995 In die omtes van die hart, Tafelberg

2007 Desembers (saamgestel deur Rachelle Greeff), Tafelberg

 

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Aangenaam! Onderhoud met Joan Hambidge
Joan Hambidge. Eybers en ander digters: Fanie Olivier →

2e gedagtes oor “Joan Hambidge. Eybers en ander digters: Petra Müller”

  1. Joan Hambidge says:
    4 April 2024 at 07:50

    Karen de Wet se huldiging is van belang:
    https://naledi.co.za/product/petra-muller-die-skerpgevylde-oomblik-n-huldiging/

    Reply
  2. Joan Hambidge says:
    4 April 2024 at 07:46

    Karen de Wet se studie is van belang:

    https://naledi.co.za/product/petra-muller-die-skerpgevylde-oomblik-n-huldiging/

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d