Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
2 April 20245 April 2024

Aangenaam! Onderhoud met Joan Hambidge

 

 

Marlies Taljard gesels vandag met Joan Hambidge.

 

Marlies Taljard (MT)

Joan, baie dankie dat jy die tyd gemaak het om te gesels oor jouself en jou digterskap. Ek waardeer dit!

Waar kom jy vandaan? Vertel asseblief iets van jou jeug en jou kleintyd. Wat het jou gemaak wat jy nou is?

 

Joan Hambidge (JH)

Ek is ‘n nomaad. Gebore op Aliwal-Noord, grootgeword op Witbank, in Pretoria en op Standerton.

Altyd die nuwe kind in die klas. ‘n Goeie leerskool: niks is permanent nie. Dalk hierom so gaande oor reis?

Die digkuns het my geanker op plekke waar ek vervreemd gevoel het. Die skoolbiblioteek en dorpsbiblioteek was ‘n wonderlike ruimte. As jong student hier ‘n hele vakansie Ulysses deurgewerk met Stuart Gilbert se handleiding neffens my. Opgeskryf in ‘n groen Ou Mutual-dagboek wat my vader vir my persent gegee het.

En Nuwe verse gelees en Eybers. En veral Plath.

 

MT

Wat doen jy deesdae? Watter beroep beoefen jy, waar woon jy, wat doen jy in jou vrye tyd? Met wie deel jy jou lewe?

 

JH

Ek is afgetree. Was vir 30 jaar verbonde aan UCT as professor in Afrikaans en Kreatiewe Skryfwerk en is tans ‘n senior navorser.

Met wie ek my lewe deel, is privaat.

 

 

MT

Het jou beroep ʼn invloed op jou skryfwerk – die temas, die ondervinding wat jy opgedoen het, die onderliggende teorie …?

 

JH

My werk as teoretikus, dosent en kritikus het my digkuns enorm beïnvloed.

Die werk van Umberto Eco het my alles geleer van die sogenaamde modelleser. Roland Barthes oor die grein van die stem. Hélène Cixous oor die lag van die Medusa. Derrida oor absence/presence.

Ek lees ook handleidings oor die digkuns (soos Ottone M. Riccio) en weet dat die digkuns alles te make het met tegniek. Hennie Aucamp het alles geleer oor hoe jy moet vertel.

 

MT

Hoe sien jy jouself as mens en as digter? Het jy in jou lewe en skryfwerk gegroei?

 

JH

Hieroor moet die leser liefs self besluit. Watter mens skuil agter die gedig? Of is die digter soos ek in Bitterlemoene beweer het ‘n Hitchcock-figuur wat net soms in die gedig sigbaar is?  Hopelik het die digter gegroei en tegnies meer bedrewe geraak.

 

MT

Waar kom jou liefde vir woorde vandaan? Hoe lank skryf jy al en wat skryf jy alles?

 

JH

Ek skryf sedert my skooljare. Eers prosa en toe later in die vroeg-tagtigerjare begin met die digkuns. Dit was ‘n lang leerproses. Eers was dit dagboeke aan myself; later aan ander briewe geskryf.

Ek skryf gedigte, rubrieke, romans, kritieke, resensies en is nou besig met ‘n skryf-memoir: Hart sonder hawe.

 

MT

Is jy ʼn leser, en wat lees jy? Watter teks(te) het jou die meeste aangegryp?

 

JH

‘n Skrywer moet ‘n leser wees. Ek is deur soveel tekste bekoor dat dit onmoontlik sal wees om alles op te noem. Nou onlangs het Ilse Salzwedel op Skrywers en Boeke (13 Maart 2024) die volgende gevra:

  • En dan ‘n laaste vraag: is daar ‘n boek wat jy wens jy geskryf het? Enige taal, enige genre?

Umberto Eco se Die naam van die roos.

Etienne Leroux se Sewe dae by die Silbersteins.

 Georges Perec se Life A User’s Manual.

Margaret Atwood se Cat’s Eye.

N.P. van Wyk Louw se Tristia.

Skrywers en boeke 13 Maart 2024

 

MT

Hoe skryf jy? Kom jou gedigte volledig by jou aan? Dink jy lank voordat jy iets skryf? Hoe lank en hoe intensief werk jy aan ʼn gedig?

 

JH

Ek skryf gedigte met die hand. Dit kom broksgewys by aan en dan op ‘n dag word ek geweldig moeg. Gaan rus en dan kom die gedig uit. En dan herbesoek ek dit in vele weergawes.

 

MT

Watter temas lê jou na aan die hart? Waaroor voel jy sterk? Wat maak jou gelukkig? Wat stem jou onrustig? Wat haat jy? Waaroor droom jy?

 

JH

Dit staan alles opgeteken in my gedigte. Dit was die liefde, abandonment, die dood; nou die digkuns-as-reis.

 

Pattern, plots and paranoia

 

Invektief of Pejoratief

word die vraag in hierdie bedryf:

‘n cul de sac of keerweer?

Tony Tanner in Thomas Pynchon

verwys na perfekte alliterasie

en dalk die onomatopee?

Alles opgeteken in V

(oor Lacan se tirannie van benaming)

en die rioolpypkrokodille

van New York, word monsters

soos in alle distopiese tekste

in ‘n vers: kloktoring of Campanile.

 

Liewerlee, langsamerhand

kyk ek terug oor ‘n afgrond

oor onthou se geluidlose klanke.

 

MT

Is daar iemand wat jou inspireer om te skryf, iemand wie se werk jy bewonder of iemand wat vir jou ʼn klankbord is?

 

JH

Die latere Eybers, Opperman, Louw …

Emily Dickinson, Robert Pinsky, Wallace Stevens …

Ek lees Johann de Lange en Johann Lodewyk Marais as twee tydgenootlike bakens van my. Ons het op dieselfde tyd op die toneel gekom.

Groot digters word dikwels onwetend mentors vir ‘n digter immer op soek na verbetering.

En natuurlik: altyd klop ek aan by Freud, Jung en Lacan.

 

MT

In hoeverre steur jy jou aan kritiek?

 

JH

‘n Digter moet haar aan kritiek steur, al is dit hoe persoonlik of van die punt af. Al is daardie kritikus-as-digter self maar vals en van die noot af.

Ek is altyd verbyster wanneer digters terugdeins van ‘n negatiewe resensie. Dit is meer waardevol as die simpel applous op ‘n gedig.

 

MT

Watter raad sou jy graag aan aspirant-digters gee?

 

JH

Al die raad staan opgeteken in die weeklikse aflewerings op Versindaba: Kringloop.

 

MT

Deel asseblief met ons een gedig in jou oeuvre (of ook meer as een) waarvan jy baie hou.

 

JH

Skryfode

 

Oor die misverstane woord

is daar nooit weer ‘n gedig te skryf nie.

 

 

I

 

Dit begin met die wekker

wat te vroeg lui

die katolieke nonne se gebede

en die oggendverkeer wat steur

en die koerant wat vir die hoeveelste-soveelste keer

die nuus van ‘n brutale moord dra.

 

Hoe brutaal het woorde nie tussen ons

geword nie. Ons dra almal in hierdie land verwyt op die mou.

Oor ons almal hang ‘n skadu van treurigheid,

van swaarkry. Almal ken ‘n iemand van ‘n iemand van ‘n iemand

wat moord oor sy voorhek sien kom het soos ‘n opskepgas.

 

Daar is geen woord so leeg

soos die digterswoord. Die digtende woord wat hierdie tristesse

moet uitblaker. Kyk, ek kan nie meer sonnette oor die liefde

of eensaamheid maak nie. Elke rymende aa, bb-kwatryn oor breekbare borde

klink so bourgeois – soos ‘n Boergondiese restaurant

in die hart van my stad.

 

II

 

Ek reis oor die rymende Franse gebergtes

waar die stilte antwoord gee. Die stilte

van skryf. Vroeër had ek meer krag, my lief.

Kon ek ‘n vers gaan haal soos ‘n diepseeduiker

in die Fillipyne, ‘n bungyjumper by die Grand Canyon

of ‘n pêrelvisser in Japan.

Toe kon ek doof word van ‘n gedig se woordelose asemhaal,

my verlustig aan die ryme se opstand, die ritmes se sloerstakings

soos opstandige werkers. Ek kon woorde maak

en veral breek. In Amsterdam lui ‘n kerkklok

die afskeid aan ‘n vroeëre verbintenis wat ek tydsaam, wanhopig

in breekbare verse kon stulp.

 

III

 

Vandag treur ek oor jou en my. Oor ons liefde

ons nie beskerm teen hierdie geweld van woorde nie.

Dat die groter onrus ons ook aanval.

Laat ons altyd ons woorde een vir een omdraai

soos ‘n suinige penningmeester die kerk se kollekte tel,

of ‘n hees kerkklok op die platteland

wat op ‘n Sondagaand almal terugroep.

 

IV

 

Vir jou sal ek net altyd ‘n sagte vers skryf.

So sag soos die vlerk van ‘n fladderende vlinder.

Oopgevou, soos ‘n digter iewers skryf, met ‘n boodskap

van hoop.

Uit: Ruggespraak. Protea, Pretoria. 2002.

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. Eybers en ander digters: Lina Spies
Joan Hambidge. Eybers en ander digters: Petra Müller →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Nuwe Bundel. Margaret Cordier-Biermann: Spiraal
  • Nuwe Bundel. Carina van der Walt: Frankofiel
  • Nuwe Bundel. Daniel Hugo: Vers & Kapittel III
  • Nuwe Bundel. Jeanne Henning Els: Vlerke is vir vlieg
  • Johann Lodewyk Marais. Saterdagaand

Nuutste kommentaar

  1. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

  2. Johan Coetzee on Joan Hambidge. Om die hemel te dekonstrueer30 August 2026

    Die hemel... of hel is opgedollie.

  3. DIETLOFF VAN DER BERG on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)28 August 2026

    Soekie, ja, ek stemsaam. Van 'Boondoks' tot 'Gelykenis' is daar net soveel wat mens tref en weer wil herlees.

  4. Soekie Vogel on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)27 August 2026

    Hambidge het haarself oortref in haar digsiklus oor De Lange. Aangrypend.

  5. Daniel Hugo on Ilse van Staden. Die Dans25 August 2026

    'n Wonderlike huldeblyk aan die digter se moeder en Van Wyk Louw.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d