Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
8 April 20249 April 2024

Joan Hambidge. Eybers en ander digters: Fanie Olivier

 

 

I

 Fanie Olivier debuteer in 1971 met Gom uit die sipres (bekroon met die Reina Prinsen-Geerligs-prys). Om alleen te reis (1973), Paradysrigting van die wind (1976), Skimmellig (1978) en verklarings 1967 – 1987 (1988). Hierna volg Apostroof (2010). In 2020 is daar ou laaie en inmiddels het die digter as ‘n belangrike én bekroonde vertaler na vore getree. As bloemleser is veral sy samestelling van die (heel) mooiste Afrikaanse liefdesgedigte ‘n baken. Dit het al verskeie edisies beleef en Afrikaans het ‘n lang lys van boeiende liefdesdigters.

http://joanhambidge.blogspot.com/2016/02/fanie-olivier-samest-die-heel-mooiste.html Besoek 6 April 2024

Olivier is een van die digters wat ‘n bepalende invloed op my gehad het as jong digter. In my eksemplaar van sy debuut het ek ‘n koerantfoto ingeplak as jong skoolkind. Hy is ‘n onderskatte en miskende digter. Veral Apostroof is ‘n belangrike baken in ons digkuns.

Ek haal aan uit my bespreking indertyd:

Die apostroof, volgens Alex Preminger (red.) se klassieke ensiklopedie, is ‘n stylfiguur waarin die afwesige persoon aangespreek word. Ons vind hierdie aanspreekvorm – wat sterk verband hou met personifikasie – dikwels by Shakespeare met die Oh! Of in ander tekste met die versugting (A!). Die apostroof (‘) is ook waar letters weggelaat word: ‘n in Afrikaans vir een, ensomeer.

http://joanhambidge.blogspot.com/search?q=apostroof  Besoek 6 April 2024

 

 II

 

Fanie Olivier

 

Roulynolie

Fanie Olivier

 

die bloedende praktyk het jy vroeg gedistilleer

dit daarna dekadeslank ruimskoots gereduseer

tot on- en uitgeskrewe teorie van rym en ritme

getregter, opgevang in teer en seer en weer

 

5 Desember 2007

 

Die roulynolie verwys na die gedig van die seun wat versoek dat sy moeder nie die roulynolie vir sy krieketkolf moet vergeet nie.

 

… Daar golf

geen skoner jambes in my moedertaal

as roulynolie vir my krieketkolf!

 

https://gesellig.co.za/t/18993-%22_Tersiene_%22__deur__ELISABETH__EYBERS/  Besoek 6 April 2024

 

Die bloedende praktyk by Eybers is die spel tussen tegniek en ervaring. (“Woordeskat”)

https://maroelamedia.co.za/afrikaans/gedigte/gedig-woordeskat/  Besoek 6 April 2024

 

Die tregter verwys na die gedig waar die wind alles tregter. (“Nagwandeling”)

 

‘n Vloed getregter uit die pool …

 

https://www.dbnl.org/tekst/_gid001196301_01/_gid001196301_01_0065.php  Besoek 6 April 2024

 

III

 

Olivier distilleer Eybers in ‘n kwatryn.  Gedistilleer en gereduseer.

Hy verwys ook by implikasie na Hein Viljoen se artikel:

 

on- en uitgeskrewe teorie van rym en ritme

 

https://literator.org.za/index.php/literator/article/view/1138/1608  Besoek 2 April 2024

 

Eybers, weet ons, dink na oor die teorie van gedigte maak. Oor die verskil tussen prosodie en posodinie (die vermoë om pyn of verdriet te ervaar).

 

Eers teorie, dan bloeiende praktyk …

 

Die digkuns is immers die vak van degensluk!

 

Joan Hambidge

 

7 April 2024

 

 

Degensluk

 

Vir Fanie Olivier

 

Kortliks sluk ek deesdae woorde

broksgewys, stikkend (etend aan

my Dasein) en onthou jou akkoorde

die digter as towenaar, jou aan-

 

praat van al ons digters in ‘n krieketspan:

Wie sal eerste boul? Of tweede kolf?

En die roulynolie plaas op hierdie krieketkolf?

Dit moet glo jambies vloei, rymskoorts gaan.

 

Joan Hambidge

 

 

Bronne:

Barthes, Roland.     1979. A lover’s discourse: Fragments. New York: Hill and Wang.

– 1973/1975.  The pleasure of the text. New York: Hill and Wang.

Brink, A.P.  2000. Groot verseboek 2000. Kaapstad: Tafelberg.

De Lange, Johann. 1998. Die dye trek die dye aan. Kaapstad: Human & Rousseau / Tafelberg (saam met Antjie Krog).

Eybers, Elisabeth. 1990. Versamelde gedigte. Kaapstad: Human & Rouseau. Tafelberg.

Olivier, Fanie. 1992. Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte. Kaapstad: Human & Rousseau.

 

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. Eybers en ander digters: Petra Müller
Joan Hambidge. Eybers en ander digters: Opperman →

1e kommentaar op “Joan Hambidge. Eybers en ander digters: Fanie Olivier”

  1. Na dese says:
    12 April 2024 at 20:12

    Het hy nie by Pennington gebly nie? Dis duidelik hy kan skryf.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Elisma van Zyl. Tydloos
  • Paul Kloppers. hemelrog
  • ND Cronjé. navigasie
  • Digtersprofiel: Vincent Oliphant
  • ND Cronjé. wiskunde

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d