Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
8 April 2024

Vincent Oliphant. Taal

 

Taal

 

Hoef ‘n gevoelige web van woorde

skuld en blaam

deur ‘n skeldnaam te ontgeld?

 

Is duits die taal van holokiste

en engels dié van koloniste?

 

Of word op kleiner of op groter skaal

elke taal nie maar besmet

deur die mond van die mens nie?

Van land tot land bespat

deur die bloed aan sy hand nie?

 

Is van alles wat leef

dit dan net stilte

wat in onskuld sweef?

 

Of het ons almal al te veel

voor onreg geswig

en in alle tale geswyg?

 

Maar wat bly deur ons lewens ryg?

Altyd maar ons taal

wat ook die taal is

van sugte en gedigte,

van vergifnis en van vergesigte,

 

al sterf daar telkemaal

iewers op vaal lippe kaal

‘n diep en innige verhaal

op die amen asem

van ‘n taal.

 

© Vincent Oliphant, 2024

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Desmond Painter. Sonder luister? Taal en die geesteswetenskappe in Suid-Afrika
Vincent Oliphant. Iewers tuis (M) →

3e gedagtes oor “Vincent Oliphant. Taal”

  1. Jacobus Swart says:
    12 April 2024 at 04:21

    Dank aan maestro Vincent Oliphant vir hierdie vers; n belee filosofiese
    besinning oor die wese van taal. Tydig, relevant.
    Veels geluk ook met u verjaarsdag hierdie week (‘n grote!).
    Aan Joseph Windvogel: Lees weer. Stadig. Daar word gewigtige
    vrae in hierdie teks gevra.

    Reply
  2. Joseph Windvogel says:
    11 April 2024 at 21:40

    Sonder simbool en klankglowe, net een atmosferiese maanleegte. Betekenloos die bestaan met geen denke emosies of betekenis. Nie net tevergeefs nie, maar dood, leweloos, met geen begin of ontstaan nie. Woorde is wakkerwees, skoonheid, onderskeid en lewe! Dit sal die kenmerk van intelligente lewe in onderskeiding van doodgewone materie.

    Reply
  3. Selwyn Milborrow says:
    9 April 2024 at 14:51

    Verstommend, treffend, Vincent!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d