patrys-kind
kamer vol niks
koud klinies anders
kort treetjie vorentoe
koppie laag
sagte aanraak van
‘n bleek hand
op die wit kombers
groot hand eens hard
sag geword in tyd
tyd wat stadig verbyspoel
sterkte weggekwyn in pyn
piep-piep laat haar opkyk
blou ogies blink met trane
hoop gevestig op nog een
nog een dag se hand vashou
groot hand toegevou in
klein modder gespeelde handjies
saggies ‘n tasbare onthou
vir altyd in haar hart gehou
tot die piep-piep stilraak
om die onthou jy nog
patrys-kind se lewe te verander
vir altyd net pappa te onthou
© Elize van Schalkwyk, 2024
Het my vasgevang in emosie.. Dankie vir n hartsgedig.
Het my vasgevang in emosie. Dankie ..
Dit het my nou terug gevat na soortgelyke herinneringe – in emosie en omstandighede.