Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
23 April 202425 April 2024

Aangenaam! Onderhoud met Vincent Oliphant

 

 

Vincent Oliphant is hierdie week Versindaba se webwerf-gas.

 

Marlies Taljard (MT)

Vincent, baie welkom en dankie dat jy bereid is om te gesels!

 

My eerste vraag aan jou: Waar kom jy vandaan? Vertel asseblief iets van jou jeug en jou kleintyd. Wat het jou gemaak wat jy nou is?

 

Vincent Oliphant (VO)

Ek is gebore op Alicedale, ‘n klein dorpie naby Grahamstad. My ouers se voorbeeld van verdraagsaamheid was in daardie tyd ‘n groot invloed op my lewe.  Die werk van die Sestigers,  het my ook gehelp om nuut na die wȇreld te kyk.

Ek verbind my jeug grootliks met die Universiteit van Wes-Kaapland, waar ek in die onstuimige vroeë sewentigs ‘n student was. Ek was gelukkig dat daar op die kampus ‘n skryfgroep was waarby ek kon aansluit. Dit was die tyd van die Swartbewussynsbeweging en daar was elke Vrydag n vurige massavergadering!

 

MT

Wat doen jy deesdae? Watter beroep beoefen jy, waar woon jy, wat doen jy in jou

vrye tyd?

 

VO

Ek is ‘n afgetrede wiskunde-onderwyser wat ook vir ‘n aantal jare ‘n dosent by ‘n onderwyskollege was.

Ek woon in Gqeberha, wat maar vir my altyd “Die Baai” sal wees! Ek lees, oefen en skryf wanneer die gogga byt.

 

MT

Het jou beroep ʼn invloed op jou skryfwerk – die temas, die ondervinding wat jy

opgedoen het, die onderliggende teorie …?

 

VO

Nee, my beroep het nie ‘n beduidende invloed op my skryfwerk nie.

 

MT

Wat beskou jy as ʼn “gedig” / hoe definieer jy ʼn “gedig”? Waarom skryf jy gedigte?

 

VO

‘n Gedig is vir my iets waarin die elemente so gerangskik is dat die woorde sinvol begin sing. Meermale speel beeldspraak en klank ‘n deurslaggewende rol. Gedigte is vir my ‘n gepaste manier om aan my diepste belewenis uiting te gee.

 

MT

Waar kom jou liefde vir woorde vandaan? Hoe lank skryf jy al en wat skryf jy alles?

 

VO

My pa was ‘n leser en ‘n versamelaar van boeke. Sy boekrak het my eindeloos gefassineer. Ek skryf vanaf my studentejare maar, moet ek erken, nie soveel as wat ek eintlik moes nie!  Die stiltes tussenin was eintlik meermale te lank.

 

MT

Is jy ʼn leser, en wat lees jy? Watter teks(te) het jou die meeste aangegryp?

 

VO

Ek lees romans, kortvehale en gedigte. Wat nie-fiksie betref, lees ek graag filosofie en geskiedenis, albei vakke wat ek nie formeel studeer het nie. Daar is so baie boeke wat ek sou kon noem, maar Milan Kundera se “The Unbearable Lightness Of Being” en John Updike se “Rabbit”-romans bly my by.

 

MT

Hoe skryf jy? Kom jou gedigte volledig by jou aan? Dink jy lank voordat jy iets skryf?

Hoe lank en hoe intensief werk jy aan ʼn gedig?

 

VO

Ek vat meestal redelik lank om ‘n gedig te voltooi. Ek begin met ‘n pen op papier en keer met tussenposes daarheen terug. Wanneer ek ‘n gangbare weergawe het, druk ek dit uit en werk dan weer van tyd tot met ‘n pen daaraan. Ek druk dan die finale weergawe uit en lees dit hardop vir myself voor. Ek vra myself twee vrae af: Maak dit sin? Klink dit reg?

 

MT

Watter temas lê jou na aan die hart? Waaroor voel jy sterk? Wat maak jou gelukkig?

Wat stem jou onrustig? Waaroor droom jy?

 

VO

Ek sou sȇ my tema’s is liefde, medemenslikheid, vrede en versoening. Wat my gelukkig maak is rus en vrede, met my geliefdes of alleen. Wat my onrustig stem is stereotipering, selfsugtigheid en wreedheid. Ek droom oor ‘n einde aan oorloë en dat sommige mense met mag sal ophou om brood uit arm kinders se monde te steel.

 

 

MT

In hoeverre steur jy jou aan kritiek?

 

VO

Ek steur my aan kritiek maar kyk ook krities daarna.

 

MT

Watter raad sou jy graag aan aspirant-digters gee?

 

VO

Lees wyd, skryf met jou sintuie, wees selfkrities, moenie bang wees om te herskryf nie en wees geduldig.

 

MT

Deel asseblief met ons die teks van een gedig in jou oeuvre (of ook meer as een)

waarvan jy baie hou.

 

VO

Ek kies die titel-gedig van my tweede bundel , “Die Sagte Vlees”.

 

die sagte vlees

 

sag is die vlees

in ‘n dun vel naakgeklee

 

op wag

hoog in sy toring van brokkelbare been

is die allersagste oog

 

delikaat krul die die fyn soenlyn van die lip

na buite

om te getuig

van die teer binneste

 

die binneste

waar die bytharde tand die draer is

van die vlymskerpste pyn

 

in ‘n ommekeer verdwyn die klipharde kneukel

met die oopvou van die vingers

in die hand se koesterkant

 

met die palms vol warmte

en die vingertoppe vol gevoel

om balsam te vryf

in die pyndeurdrenkte lyf

 

die lyf

wat die heilige asem

uit die growwe grond moes bloei

tot hierdie sagte vlees

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Digtersprofiel: Vincent Oliphant

1e kommentaar op “Aangenaam! Onderhoud met Vincent Oliphant”

  1. Selwyn Milborrow says:
    23 April 2024 at 18:25

    Baie interessant. Oliphant se antwoorde weerspieël sy gesindheid; eenvoudig en medemenslik. Niks meer.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Meyer van Rensburg. Spieëlkamer
  • Margaret Cordier-Biermann. Verlossing
  • Wynand J Booysen. koue afgrond
  • Don’t Hesitate! – AVBOB Poetry Mini-Competition winners
  • Miel Vanstreels. Voorlopig

Nuutste kommentaar

  1. Conrad on Hans du Plessis. Psalm 121 (Stemgreep)30 July 2026

    Goeie middag ek is n koorleier van die VGK Kerk Kraaifontein en is op soek na die SATB Blad musiek…

  2. Marieta McGrath on Miel Vanstreels. Voorlopig30 July 2026

    Stout gedig! Baie snaaks!

  3. Bernie on Rainer Maria Rilke. Almal wat Jou soek, beproef Jou (vert.)29 July 2026

    Kan die vertaler dalk verduidelik waarom hy hoofletters gebruik in sy vertaling terwyl Rilke kleinletters gebruik.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Plaagbeheer28 July 2026

    Ja, hoe beheer ‘n mens die plaag waarvan in die slotreël gewag gemaak word …?

  5. STEPHANUS JOHANNES MARAIS on Margaret Cordier-Biermann. Wekroep van die verlostes28 July 2026

    Die gedig verbeeld 'n fase in die mens se lewensverloop waar hy ingehok voel en die omstandighede die uitsig beperk…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d