Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
30 April 20246 May 2024

Aangenaam! Onderhoud met Hans du Plessis

 

 

Hans du Plessis, digter van die bekende Griekwapsalms is vandag Versindaba se gas. Prof. Hans du Plessis is ʼn taalkundige en was voorheen Direkteur van die ATKV-Skryfskool by die NWU (voorheen die PU vir CHO). Hans, dankie dat jy bereid was om met Marlies Taljard te gesels.

 

Marlies Taljard (MT)

Hans, waar kom jy vandaan? Vertel asseblief iets van jou jeug en jou kleintyd. Wat het jou gemaak wat jy nou is?

 Hans du Plessis (HdP)

Ek het in Silverton, toe nog ʼn klein dorpie oos van Pretoria grootgeword in ʼn gewone, liefdevolle huis met ʼn ma en pa wat ʼn leser was. Gematrikuleer aan die Afrikaanse Hoër Seunskool.

 

MT

Wat doen jy deesdae? Watter beroep beoefen jy, waar woon jy, wat doen jy in jou vrye tyd?

 HdP

Afgetree en woon in drieslaapkamereeenheid in Huis Eikelaan in Potchefstroom en doen waarvoor ek die liefste is, skryf so veel as moontlik.

 

MT

Het jou beroep ʼn invloed op jou skryfwerk – die temas, die ondervinding wat jy opgedoen het, die onderliggende teorie …?

 HdP

My beroep as akademikus, taalkundige en later skryfkunsdosent het beslis ʼn invloed. Die Griekwavers is seker ʼn voorbeeld hiervan omdat ek ook variasietaalkundige is.

 

MT

Wat beskou jy as ʼn “gedig” / hoe definieer jy ʼn “gedig”? Waarom skryf jy gedigte?

 HdP

Nogal outyds: Dit moet kreatief en nuut sê deur beelding en veral ritme. Ek weet nie, dit kom vanself.

 

MT

Waar kom jou liefde vir woorde vandaan? Hoe lank skryf jy al en wat skryf jy alles?

 HdP

Uit my ouerhuis en my Afrikaanse onderwyser, Willem de Klerk, wat later my promotor, kollega en vriend geword het, Ek skryf van my universiteitsdae af en ek skryf prosa, poësie, drama, draaiboeke, rubrieke en akademiese boeke en artikels.

 

MT

Is jy ʼn leser, en wat lees jy? Watter teks(te) het jou die meeste aangegryp?

 HdP

Ek is ʼn goeie leser van begrafnisbriewe tot Breyten. John Steinbeck, Zola, Van wyk Louw, Opperman en deesdae Van Heerden en Willem Anker.

 

MT

Hoe skryf jy? Kom jou gedigte volledig by jou aan? Dink jy lank voordat jy iets skryf?

 HdP

Die eerste gedagte, woord of reël kom sommer net en dan skryf ek dadelik, maar moet daarna vir baie dae oorskryf, oordink en weer oorskryf.

 

MT

Hoe lank en hoe intensief werk jy aan ʼn gedig?

 HdP

Dit wissel, soms ʼn uur of vier soms tot ʼn maand of vier.

 

MT

Watter temas lê jou na aan die hart? Waaroor voel jy sterk? Wat maak jou gelukkig? Wat stem jou onrustig? Waaroor droom jy?

 HdP

Natuur en religie.

 

MT

In hoeverre steur jy jou aan kritiek?

 HdP

Hang af of dit kritikus of kritikaster is, kritiseer hy of sy my of die gedig op papier?

 

MT

Watter raad sou jy graag aan aspirant-digters gee?

 HdP

Lees gedigte, en lees nog en gaan sit met, skryf jou hart uit en begin dan redigeer en as jy dink dit is reg, vra dan raad van iemand wat gedigte kan lees.

 

MT

Baie dankie, Hans. Deel asseblief met ons die teks van een gedig in jou oeuvre (of ook meer as een) waarvan jy baie hou.

 

VIR MARNI VICTOR

(Romeine 13:8)

 

Jille moet nou niemand niks skiltie,

behalwe om te lief te wees vi mekaar,

wantie mens wat hom naaste lief het,

het hoeka God se hele Wet

kla in hy se bors gebewaar.

 

Hans du Plessis saam met sy vrou Magdaleen en hulle seuns

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Digtersprofiel. Hans du Plessis
Digtersprofiel: Hans du Plessis →

1e kommentaar op “Aangenaam! Onderhoud met Hans du Plessis”

  1. Mêrie Scheepers says:
    10 May 2024 at 14:13

    Ek dink nie almal weet presies hoeveel prof. Hans vir Afrikaans en Afrikaanse skrywers beteken nie. Sy bydrae behoort vereer te word, al praat hy asof dit alles maar terloops is.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Joan Hambidge. The upturn palm
  • Albi Prinsloo. Verlossing
  • Retha van Deventer. ekwilibrium
  • Hennie Maartens. Water

Nuutste bydraes

  • Elmarie Nienaber Van Kampen. trapklip no 12
  • Nuwe bundel van Miel Vanstreels
  • Marthé McLoud. 31 Desember 1997
  • AVBOB Persverklaring
  • Digtersprofiel: Daniel Hugo

Nuutste kommentaar

  1. Rina Cascione on Nini Bennett. My Octopus Teacher5 December 2025

    'n Allerlieflike gedig oor 'n wonderlike dokumentêr. Dankie Nini! Jy het dit met soveel verbeelding vasgelê.

  2. Johan on Sanette Scheepers. Vrykoop5 December 2025

    Ek hou daarvan en ek verstaan die inhoud.

  3. Ben Nel on Andrea Sieberhagen. Ontsnapping5 December 2025

    Andrea, jy is ‘n rots Baie dankie vir jou bydrae tot die samelewing! Groete Ben

  4. Schalk Botha on Andrea Sieberhagen. Een helder ster4 December 2025

    Dis dalk nie die beste aand om hierdie impakvolle gedig te lees en te bedink nie; veral om uit ‘n…

  5. Marthé McLoud on Johann Lodewyk Marais. Johann de Lange in Sunnyside en Pretoria.3 December 2025

    Ek geniet die artikelreeks oor Johann verskriklik baie. Baie interessant. Dankie daarvoor.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d