Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
6 May 2024

Joan Hambidge. Eybers en parodie (en antwoorde)

 

I

Waarom ontlok sekere digters ‘n parodie of ‘n palinode?

Is dit dalk, soos Johann de Lange uitwys in sy belangrike artikel op Kaapse paragrawe, dat daar geen reëls in die poësie bestaan nie.

Wys my ’n reël & ek wys jou ’n gedig wat dit vindingryk oortree, skryf hy.

Of ontlok groot gedigte ‘n onbewustelike reaksie waarteen ‘n mens jouself meet?, wonder hierdie leser.

Hoe om (soos iemand anders) te skryf. Oor vakmanskap & die skryf van gedigte. – Deel 1

http://johanndelange.blogspot.com/2010/03/hoe-om-soos-iemand-anders-te-skryf-oor.html   Besoek 2 Mei 2024

Louise Viljoen het al die digterlike gesprekke met Louw behandel.

https://versindaba.co.za/2011/08/18/louise-viljoen-digterlike-gesprekke-met-np-van-wyk-louw/

Besoek 2 Mei 2024

Ek probeer nou die probleem van die teensang in al die vorme vanuit ‘n ander hoek beskou na aanleiding van Gilbert Adair, die Skotse skrywer en vertaler se boek The Postmodernist Always Rings Twice (1992). Die titel verwys na die film in 1981 van Bob Rafel met Jack Nicholson en Jessica Lange: The Postman Always Rings Twice.

Adair is o.a. die vertaler van Perec se beroemde roman A Void waar die letter-e nie gebruik word nie. Sy romans is al verfilm soos o.a. The Dreamers (2003) gebaseer op The Holy Innocents (1988).

Bernardo Bertolucci het dit verfilm.

Maar terug met die homage á, die spreekwoordelike hoed afhaal. Die nuwe Ripley-reeks op Netflix is meer noir en ‘n antwoord op Anthony Minghella se The Talented Mr Ripley (1999).

Uiteraard is ‘n remake of antwoord altyd iets wat ‘n vergelyking oproep.

Soms is die tweede een beter as die eerste? Soms kan die tweede een nie sonder die eerste een bestaan nie.

En omdat die tyd verander, sal die antwoord uiteraard meer resonansie hê by die jonger kyker of leser.

Tennessee Williams se klassieke A Streetcar Named Desire, verfilm deur Elia Kazan in 1951, kon nooit vir my getroef word nie. Kazan het die ellende van die gegewe puik vasgevang met Blanche DuBois se stadige agteruitgang teenoor die wrede Stanley Kowalski. Vivien Leigh en Marlon Brando. In 1991 Alec Baldwin en Jessica Lange. Tydens grendeltyd was Gillian Anderson ook te siene as Blanche, maar volgens my te onsubtiel en raserig.

In All about my mother van Pedro Almódovar in 1999 sien ons ‘n opvoering van die drama. Gelaai met sub-teks.

Blue Jasmine van Woody Allen in 2013 speel in op hierdie teks. Ballette, opera, televisie en selfs in ‘n komiekstrip is A Streetcar Named Desire verewig. En op Broadway Jessica Tandy teenoor Brando in 1947.

Die lys is lank. Met elke weergawe onthou jy altyd die eerste een.

Tennesee Williams vertel in ‘n brief (5.8.1949) hoe hy Vivien Leigh ontmoet het en verwys na haar “great charm”. Sy het hom nie beïndruk in haar vertolking van Antigone nie, maar hy besef dat daar iets in haar persoonlikheid is wat van haar ‘n uitstekende Blanche sou maak (New York, 1976: 240).

Williams het waarskynlik haar broosheid raakgesien en Vivien Leigh het nooit herstel van die impak wat hierdie rol op haar psige gehad het nie. Was dit dalk ‘n faktor in bipolariteit?

https://collider.com/a-street-car-named-desire-vivien-leigh/  Besoek 4 Mei 2024

 

II

Acteme term oor daardie aspek van ‘n vertelling wat bly spook in jou gedagtes, aldus Adair. Dieselfde geld ‘n gedig.

En hoe ‘n kreatiewe reaksie uit die pen van ‘n geoefende digter die oorspronklike vers weer lewe gee.

 

Johann de Lange © Edrea Cloete

 

Nadors

Johann de Lange

 

Eybers, ’n remix

 

Die aard van verslawing is dat dit ontydelik kwel.

Verniet of jy, soos in ’n ou ballade, op die duur

jou daarvan losmaak met ’n kuur.

Die ritueel van cold turkey is vasgestel.

 

Vreemd, van onthouding word nie veel vertel.

Waar vind mens ’n volhardende gedig

om jou oor daardie wilskrag in te lig,

daardie sonderlinger hel?

 

29 – 30 Mei 2006

 

Eybers se gedig klink so:

 

Navrae

Die aard van angs is dat dit tydelik kwel.

Verdriet, volgens ‘n ou ballade, duur

twaalf maande en ‘n dag, tot op die uur.

Die ritueel van rou is vasgestel.

 

Vreemd, van berou word nie so veel vertel.

Waar vind ‘n mens ‘n betroubare gedig

om jou oor die vervaldag in te lig

van daardie individueler hel?

(Balans, 1962).

 

Angs, weet Žižek te vertelle, is die enigste, ongerepeteerde én ware emosie in The Pervert’s Guide to Cinema.

Johann de Lange se vers word die betroubare antwoord op dit waarna Eybers soek. Ook die angs van beïnvloeding word by De Lange geaktiveer as ons weer na Harold Bloom kyk in The Anxiety of Influence.

Die digter betree die ruimte van die eerste gedig en verander dit dan in sy eie stem. Opgeneem in sy bundel: Die algebra van nood.

Die skryf van gedigte is eweneens ‘n sonderlinger hel, ‘n verslawing. Beide digters verwys na die ballade in hul gedigte.

En ballade is sang, en so kom ons by die teensang uit.

Joan Hambidge

4 Mei 2024

 

Bronne:

Adair, Gilbert. 1992.  The Postmodernist Always Rings Twice . Londen: Fourth Estate.

Bloom, Harold. 1973. The Anxiety of Influence. New Haven: Yale University Press.

De Lange, Johann. 2009. Die algebra van nood. Kaapstad: Human & Rousseau.

Eybers, Elisabeth. 1990. Versamelde gedigte. Kaapstad: Human & Rouseau en Tafelberg.

Windham, Donald (red.) 1976. Tennessee Williams’ Letters to Donald Windham. 1940 – 1965.

New York: Holt, Rinehart and Winston.

Žižek, Slavoj. 2006. The Pervert’s Guide to Cinema. Londen: ICA Projects. (Regisseur: Sophie Fiennes).

 

Ripley

 

Die eindelose wete: hoe alles bly ontglip.

Geen sluiting, en jy spot: A couple

of programmes short of a series …

Alles staan reeds opgeteken

in Thom Gunn se Caravaggio:

In Santa Maria del Popolo.

Nou in die Ripley-reeks sien ek

Tom/Dickie in Venezia, ons laaste stad

saam besoek met die San Marco in acqua alta,

sneeuvlokkies en water oor die dreunende vaporetta.

(’n Masker
word ’n gesig,
soos spotspraak
’n gedig verweer) staan in my swart dagboek opgeklad

van daardie laaste reis saam, toe ons in ‘n gondola vaar.

Die gedig wag op closure: op beeld en toepassing:

begin-middel-einde; einde-midddel-begin (of soiets).

‘n Museum was onder konstruksie met verwers raserig,

nutsmanne in wit oorpakke. In die Danieli, dan na die Guggenheim,

drentel ons terug oor die boggelende stegies tot in hierdie portret-

vers: op dieselfde roete as Ripley, verdwalend in die reën, wat alles beklodder het.

 

Joan Hambidge

 

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. Eybers en siekte
Joan Hambidge in gesprek met Martina Klopper oor “Kuborg” →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Gerard Scharn. die unpersonen
  • Resensie: “Aan de vooravond” (Miel Vanstreels)
  • Joan Hambidge. Doeblet
  • Marthé McLoud. Geskil
  • Dylan Allen. 1984

Nuutste kommentaar

  1. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  2. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  3. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  4. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

  5. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d