Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
29 April 2024

Joan Hambidge. Eybers en siekte

I

Tans word digters genooi om gedigte róndom siekte (sogenaamde mediese gedigte) aan te bied op die Versindaba se webruimte vir ‘n wedstryd. En daar het al ongelooflike boeiende (en pynlike) verse verskyn oor hierdie onderwerp.

Illness as metaphor, soos Susan Sontag tereg opgemerk het.

Hendrik J Botha, ‘n narkotiseur van beroep, het ‘n studie geskryf oor die hele kwessie van dokters as digters in 2013.

https://open.uct.ac.za/items/18472eee-01e5-45dc-9f84-dbdaf0d7de7c  Besoek 28 April 2024

Abstract

The objective of the essay is to examine the poetry of doctors who are poets in Afrikaans and are canonized poets in the Afrikaans literature. The poetry of ten doctors since 1838 was examined. Furthermore, the medical-scientific reflection in their poetry was reviewed where it appeared to be applicable. As an example of the medical-scientific reflection in poetry, the work of Gilbert Gibson is discussed based on the fact that his poetry represents the best and most extensive example of medical-scientific reflection in Afrikaans poetry. Finally, the poetry of Hendrik Botha is reviewed from a self-reflective angle by specifically comparing it to the poetry of Gilbert Gibson, especially regarding the thematical similarities and specifically the medical-scientific reflection as well as the difference in the approach between these two poets.

Dit is ‘n besondere insiggewende studie wat die hele kwessie histories ondersoek en verskillende stylsoorte uitwys.

By UCT is die vereistes vir die MA in kreatiewe skryfwerk ‘n portefeulje van gedigte én ‘n begeleidende essay. Dit is dikwels vir die uitgewer van hulp wanneer ‘n student deur ‘n gepubliseerde en ervare digter gementor is.

II

Botha skryf soos volg oor borskanker:

 

Borskanker

 

Toendertyd ‘n vonnis met skalpel

skêr en diatermie aangespreek:

tot op been en ribbekas gestroop.

Só word strelende kontoer

tot ‘n vlakte geplunder.

Daarna elke klier in die oksel gejag,

jou arm gru en geswolle nagelaat.

 

Deesdae speur ons haarfyn

deur ‘n naald vir selle; ontleed

om behandeling te beplan,

die gewas chemies verskrompel,

met kleurstof gemerk om deur

‘n minuskule snit te dissekteer.

Die kliere met radio-isotope

noukeurig nagespeur.

 

Wanneer alles verby is,

knoop jy jou bloes toe,

skud jou hare reg,

groet die arts agter sy lessenaar

amper as ‘n blote nagedagte.

 

Hendrik J Botha 03/2024

https://versindaba.co.za/2024/04/06/hendrik-j-botha-borskanker-m/  Besoek 28 April 2024

 

Die digter Franco Colin skryf weer vanuit die beroep as psigiater oor siekte waaruit hy gedigte maak:

 

Loep

 

Gryser, met sy oog van die loep geskei,

krap die man nou kop oor binnegoed

wat hy, verby die kamoeflage van fatsoen,

pak in die karapaks van ’n kwatryn.

 

https://versindaba.co.za/2022/05/20/resensie-skeletaal-franco-colin/ Besoek 28 April 2024

 

III

Eybers het uiteraard in haar ryk oeuvre dikwels oor siekte en besoeke aan dokters geskryf. Ons dink hier aan die klassieke “Röntgenfoto” (Die helder halfjaar, 1956).

Alles is tot essensie ingeperk, dig Eybers. En wanneer die X-straalfoto bekyk en geanaliseer word, mag al die vreugdes en verdriet dalk ‘n blote hersenskim wees?

Sy beskou die skelet as die essensie; die res is bysaak, te wete die hart, die kanale (bloed, limf, klier, ingewande), die geslagsorgane.

 

…, want geen portret

vlei meer as dié van die skelet

wat elke weekheid laat verdwyn

en elke deug presies omlyn:

 

Die skitterende gedig werk met ‘n beeld en toepassing. Essensie geplaas teen bysaak. En die stip konklusie: die organe is nie so sterk soos die skelet nie. Die implikasie is dat emosies, en dit wat ons voortdryf, uiteindelik ontersaaklik en vervlietend is.

https://maroelamedia.co.za/afrikaans/gedigte/gedig-rontgenfoto-2/ Besoek 28 April 2024

Opvallend hoe die ribbekas by Hendrik J Botha implisiet verwys na Elisabeth Eybers. Nes Franco Colin met die karapaks eweneens inspeel op Eybers.

Ironie is by hierdie digters ‘n opvallende stylaanslag.

By Eybers word uit pyn en afstandneem poësie gestook …

“uit liefde en ironie” (Versamelde gedigte, 379). En wanneer sy ‘n kritikus aanvat in “Kritiek” (uit Einder, 1977) wys sy op die gebrek aan ironie: “- geen skrefie vir ‘n splinter ironie”.

Ons gaan verder met hierdie onderwerp in ‘n volgende rubriek.  En “Mammektomie” (uit Einder, 1977) word bespreek.

 

Joan Hambidge

29 April 2024

 

Bronne:

Colin, Franco. 2022. Skeletaal. Pretoria: Imprimatur.

Eybers, Elisabeth. 1990. Versamelde gedigte. Kaapstad: Human & Rouseau & Tafelberg.

 

Hambidge, Joan oor Sontag: http://joanhambidge.blogspot.com/search?q=illness+as+metaphor Besoek 29 April 2024

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. Eybers en Lynthia Julius
Joan Hambidge. Eybers en parodie (en antwoorde) →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Gerard Scharn. die unpersonen
  • Resensie: “Aan de vooravond” (Miel Vanstreels)
  • Joan Hambidge. Doeblet
  • Marthé McLoud. Geskil
  • Dylan Allen. 1984

Nuutste kommentaar

  1. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  2. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  3. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  4. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

  5. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d