Hennie van Coller woon en werk in Bloemfontein en is die outeur van meer as 100 artikels in geakkrediteerde tydskrifte, 37 hoofstukke in boeke, talle populêre publikasies en resensies en is die outeur, mede-outeur of redakteur van 19 boeke, o.a. die driedelige literatuurgeskiedenis Perspektief en Profiel. Binne universiteitsverband was prof. Van Coller vir baie jare lid van Fakulteitskomitees, sekundus-dekaan én agerende dekaan. Hy debuteer met die bundel Soom by Griffel uitgewers in 2012.
[Nota van die Versindaba redaksie: Ons wil graag nuwe en ou digters aanmoedig om vir ons opgedateerde profiele aan te stuur na taljard.marlies@gmail.com
Van ‘n digter wat al een of meer solo-bundels by ‘n erkende uitgewer gepubliseer het, versoek ons die volgende:
-
-
- ‘n Redelik onlangse foto in JPG-formaat
- ‘n Lys van publikasies (ook die belangrikste nie-poëtiese publikasies)
- ‘n Kort lewenskets wat inligting bevat oor o.a. waar en wanneer jy gebore is en grootgeword het, waar jy studeer het, watter beroep jy beoefen of waarmee jy jou tans besig hou, waar jy op die oomblik woon, ens.
- Enige ander interessante feite oor jou
-
Skryf asseblief die profiel in narratiewe vorm en nie as ‘n reeks feite ondermekaar nie, ten einde dit meer lesersvriendelik te maak.
Indien jy bereid is om ‘n profiel te skryf oor ‘n gestorwe digter, laat weet my asseblief by taljard.marlies@gmail.com]