W.L. [Willie] van der Merwe (1957) het opgegroei op ’n plaas naby Meyerton in Gauteng. Hy behaal grade in die teologie en filosofie met lof aan die Universiteit van Stellenbosch en was lid van D.J. Opperman se letterkunde-laboratorium. Sedert 1997 is hy professor in filosofie aan die US en het reeds verskeie kere as besoekende professor opgetree aan universiteite in Nederland en België. Na sy verblyf op Stellenbosch het hy ’n pos aanvaar in Utrecht, Nederland.
Sy debuutbundel, Doodmenslik, verskyn in 2018 by Protea Boekhuis.
[Nota van die Versindaba redaksie: Ons wil graag nuwe en ou digters aanmoedig om vir ons opgedateerde profiele aan te stuur na taljard.marlies@gmail.com
Van ‘n digter wat al een of meer solo-bundels by ‘n erkende uitgewer gepubliseer het, versoek ons die volgende:
-
-
- ‘n Redelik onlangse foto in JPG-formaat
- ‘n Lys van publikasies (ook die belangrikste nie-poëtiese publikasies)
- ‘n Kort lewenskets wat inligting bevat oor o.a. waar en wanneer jy gebore is en grootgeword het, waar jy studeer het, watter beroep jy beoefen of waarmee jy jou tans besig hou, waar jy op die oomblik woon, ens.
- Enige ander interessante feite oor jou
-
Skryf asseblief die profiel in narratiewe vorm en nie as ‘n reeks feite ondermekaar nie, ten einde dit meer lesersvriendelik te maak.
Indien jy bereid is om ‘n profiel te skryf oor ‘n gestorwe digter, laat weet my asseblief by taljard.marlies@gmail.com]