Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
16 May 202416 May 2024

Nuwe Bundel. Martina Klopper: Kuborg

Kuborg

Martina Klopper

Omslag

Toenemende ontmensliking in ’n kuber-gedomineerde wêreld loop soos ’n elektriese draad deur Martina Klopper se tweede digbundel. In die eerste deel, “Bionies”, word menslike verhoudinge en selfs herinneringe herskik en omgeskakel in meganiese en elektroniese terme. In die tweede deel, “Biologies”, word die moeisame herstel na die menslike verwoord.

Kuborg bied ’n leesavontuur op meer as een vlak. Die gedigte is noukeurig gerangskik rondom ’n wentelpunt in die middel van die bundel en kan gelees word in die volgorde waarin die verse op mekaar volg. Die bundel is egter uniek omdat elke gedig ook saam met sy keersy gelees kan word, soos dit in die inhoudsopgawe gerangskik is. Boonop daag taal gedigte die leser ook uit om die masjienagtige in menslike terme te vertaal.

Die bundel sal benewens liefhebbers van die digkuns ook aanklank te vind by lesers wat deur die kuberwêreld geboei, uitgedaag maar ook afgeskrik word. Dit is egter veral ’n bundel wat oor menslike verhoudings handel te midde van die uitdagings wat ’n werklikheid met toenemende verontmensliking aan die gewone mens stel.

Oor die outeur

Martina Klopper het aanvanklik musiek gestudeer en het later ’n meestersgraad in kreatiewe Skryfwerk behaal. Sy debuteer in 2010 met Nadoodse ondersoek. Van haar gedigte het ook in versamelbundels verskyn. Sy woon op Koringberg in die Wes-Kaap.

 

[Imprimatur 2024. PRYS: R180.00 (BTW ingesluit). FORMAAT: Sagteband. AANTAL BLADSYE: 52. ISBN: 978-0-7961-3594-0]

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Nuwe Bundel. Kobus Lombard: Sandskrif
Nuwe Bundel. Danie Marais: Ek en jy bestaan nie →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d