Kuborg
Martina Klopper
Toenemende ontmensliking in ’n kuber-gedomineerde wêreld loop soos ’n elektriese draad deur Martina Klopper se tweede digbundel. In die eerste deel, “Bionies”, word menslike verhoudinge en selfs herinneringe herskik en omgeskakel in meganiese en elektroniese terme. In die tweede deel, “Biologies”, word die moeisame herstel na die menslike verwoord.
Kuborg bied ’n leesavontuur op meer as een vlak. Die gedigte is noukeurig gerangskik rondom ’n wentelpunt in die middel van die bundel en kan gelees word in die volgorde waarin die verse op mekaar volg. Die bundel is egter uniek omdat elke gedig ook saam met sy keersy gelees kan word, soos dit in die inhoudsopgawe gerangskik is. Boonop daag taal gedigte die leser ook uit om die masjienagtige in menslike terme te vertaal.
Die bundel sal benewens liefhebbers van die digkuns ook aanklank te vind by lesers wat deur die kuberwêreld geboei, uitgedaag maar ook afgeskrik word. Dit is egter veral ’n bundel wat oor menslike verhoudings handel te midde van die uitdagings wat ’n werklikheid met toenemende verontmensliking aan die gewone mens stel.
Oor die outeur
Martina Klopper het aanvanklik musiek gestudeer en het later ’n meestersgraad in kreatiewe Skryfwerk behaal. Sy debuteer in 2010 met Nadoodse ondersoek. Van haar gedigte het ook in versamelbundels verskyn. Sy woon op Koringberg in die Wes-Kaap.
[Imprimatur 2024. PRYS: R180.00 (BTW ingesluit). FORMAAT: Sagteband. AANTAL BLADSYE: 52. ISBN: 978-0-7961-3594-0]