Ek en jy bestaan nie
Danie Marais
Ek en jy bestaan nie is die langverwagte vierde bundel uit die pen van die bekroonde digter Danie Marais. Soos in sy vorige bundels is dit gedigte wat openhartige, intieme gesprekke met die leser aanknoop – hierdie keer oor die ongemakke van ras en klas. Dis ’n bundel oor die menslike middelklastoestand en die unbearable whiteness of being wat waag om te praat oor die dinge waaroor mense liefs stilbly in die woonbuurte van Stellenbosch waar ’n koue burgeroorlog stil in die boomryke strate woed.
Oor die outeur
Danie Marais is op 30 Mei 1971 in Kimberley gebore. In 1993 behaal hy ’n B.Com-graad met regsvakke aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy studeer onderwys aan die Carl von Ossietzky Universität in Oldenburg, Duitsland. In 2002, na nege jaar in die buiteland, het hy na Suid-Afrika teruggekeer. Sy eerste digbundel, In die buitenste ruimte, verskyn in 2006 en word met die Eugène Marais-, Ingrid Jonker-, en UJ-debuutprys bekroon. Sy debuut word opgevolg deur Al is die maan ‘n misverstand (2009) en Solank verlange die sweep swaai verskyn (2014).
[Tafelberg 2024. Formaat: Sagteband, 144pp. Prys (incl. VAT): R 290,00. ISBN: 9780624095002]
ongemakke?