Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
23 November 2023

Nuwe Bundel. Kobus Lombard: Sandskrif

Sandskrif

Kobus Lombard

Omslag

Die Namibiese landskap en mense van die land figureer deurgaans in Kobus Lombard se sesde digbundel. Reeds in die openingsgedig staan die sterflikheid en kortstondigheid van die menslike lewe teenoor die grootse, onveranderlike woestyn, die see en die taai plantegroei. Die digter tree in gesprek met God, met sy aanneem- en pleegouers, sy gesinslede, die inheemse mense van die land én met homself. Woorde bied beskerming teen die koue, donker en honger en dors van die aardse bestaan. Selfs die digterlike woorde is soms net “’n gevlekte lys/van gedane sake/sonder keer”, maar die digter weet ook dat taal die enigste instrument is waarmee die mens die geheimenis van sy eie geboorte en lewe op aarde “oop kan sê”. Lombard se poësie is oënskynlik eenvoudig en deursigtig, maar met ‘n kenmerkende ironiese blik op die mense en wêreld om hom, en veral ook op die self. Daardeur wen sy gedigte aan insig in die menslike kondisie en die voortdurende soeke na die betekenis van die kort menslike lewe in die grootse skepping.

Sandskrif is Lombard se sesde digbundel.

Oor die outeur

Kobus Lombard is in 1952 in Suid-Afrika gebore, maar het in Namibië op Gobabis grootgeword. Hy matrikuleer aan die Hoërskool Jan Möhr in Windhoek en doen militêre diensplig in die Suid-Afrikaanse Lugmag. Daarna studeer hy aan die Universiteit van Stellenbosch en werk aanvanklik in Kaapstad, maar keer terug na Namibië. Hy sluit sy beroepsloopbaan af as menslikehulpbronbestuurder vir die Stadsraad van Windhoek.

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Nuwe Bundel. Bibi Slippers: Soekenjin
Nuwe Bundel. Martina Klopper: Kuborg →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Cussons twee verse oor rose
  • Ferdi Wheeler. Mars
  • Willem M. Roggeman. Het wit van Roger Raveel
  • bevan boggenpoel. winter

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d