pinkster
apostels het na Jerusalem gestap
om daar op die wonder te wag
sonder om die geheim te verklap
van die gebeurtenis op pinksterfees se dag
‘n geluid soos stormwind
het die huis se inwoners verwar
hulle is met tonge van vuur verbind
sonder om in tale te verstar
gesprekke is gevul met verbasing
dit was die galileërs wat aan die woord was
petrus het vurig verwys na die vergissing
want die verbod op wyn is gelas
hoe die gees nou werk
waar dit eens anders was
sou u stormwind-gees my verganklike gedagtes
wat my lewe versuur in u blywende huis verduur
© Hennie Maarten, 2024