Raamwerk
Kobus Grobler
Die digter probeer in sy verse mense se lewens raam – dié van glanspersoonlikhede, verskoppelinge, familie, sy eie – en in woordportrette vasvang. Dit is sy enigste verweer teen die onkeerbare gang van die tyd. Hy kyk met ’n skerp kamera-oog na die wêreld én na die digwerk van sy voorgangers. Meermale word die erns verlig deur ’n flitsende humorsin.
Jy wens jy kon tyd in sy sandloper keer –
te gou het ’n leeftyd deur die gleuf geglip.
Oor die outeur
Kobus Grobler (1961) is ’n onderwyser van Bloubergstrand. Hy het grootgeword in die Oos-Transvaalse Laeveld en matrikuleer aan die Hoërskool Richardsbaai. In 2018 verwerf hy ’n meestersgraad in Kreatiewe Skryfkunde aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy gedigte is in Toulopers, verse vir tieners (2011), Sterkykers (2015) en Maskers en Mure (2021) gepubliseer. Sy kortverhaal, Spieël, is in 2019 in die US Woordfeesbundel, Jonk, opgeneem. Sy roman, Die middag reën roet, verskyn in 2022.
[Turksvy Publikasies 2024. Prys: R240.00. 72 bl. ISBN 978-0-6397-9702-1]