Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
6 June 2024

Nuwe Bundel. Andries de Beer: aalmoes vir die bootman

aalmoes vir die bootman

Andries de Beer

Omslag

“Die son sak in Durbanville / En die horison brand rooi” was een van Valiant Swart se vroeë blues-rock-treffers. Andries van Pretoria, oftewel Andries de Beer, ’n gereelde lid van die slam-digters-en-musikantegroep Oopmondbende, verken die blues in onopgesmukte taal nadat die son in Durbanville gesak het. Met praatverse, wat strek van Bellville se noordelike voorstede tot in die land se verre noorde, vlek hy die Afrikaanse middelklastoestand oop en bring hy hulde aan sy voorgangers wat ook hard teen die prikkels geskop het – Breyten Breytenbach, Ingrid Jonker, Piet Botha en Brixton Barnard. – Danie Marais 

“’n Sonderlinge talent en ’n aanwins vir punk poetry in Afrikaans.” – Valiant Swart

“Eg en vol halfjack-herinneringe, en op die ou end moet die bootman betaal word.” – Nardus du Plooy (Die Kaalkop Waarheid)

“Hierdie digter is die liefdeskind tussen e e cummings en André le Toit.” – David C. Steyn

“Andries se gedigte is weldeurdag en dubbelgedistilleer.” – Paul Riekert

“Die legendariese Afrikaanse slam-digter stap van die verhoog af tot op die papier en is só welkom.” – Gert Vlok Nel

 

Oor die outeur

Andries de Beer se eerste gedig, oor sy ma, verskyn in 1993 in sy laerskool se koerant. Op hoёrskool publiseer hy in Poort. Dié gedigte word later opgeneem in Afrikaans in Aksie 11.

In 2010 staan hy vir die eerste keer voor ’n mikrofoon en begin interkulturele musiek-en-poësie-aande reël in Centurion, Mamelodi en ook by die Melville Poetry-fees in 2012. Hy begin oop-verhoog-aande, spesifiek vir ongepubliseerde digters, in ’n ou vervalle huis in Muckleneuk, Pretoria. Dit word gedoop Dowe Digters. (Meer as ’n dekade later bestaan die konsep steeds, al het hy die leisels oorgegee). In dieselfde tyd raak hy betrokke by wyle Ronel Nel se Oopmond-bekgevegaande. Later jare sou hy en Hanru Niemand, mededigter en musikantvriend, die reëlings daarvan by haar oorneem en voortsit.

Sedert 2012 verskyn daar gedig van hom in Ons Klijntjie. Bo en behalwe ’n digter en dromer is hy ook ’n pa van drie kinders en ’n dosent in Toerisme. Hy het al onder verskeie skuilname geskryf, insluitende Die Markies van Karrebas en Abjater Ronkedoor. Op die verhoog tree hy op as Andries van Pretoria.

 

[Turksvy Publikasies 2024. 88 bl. Prys: R300. ISBN: 978-0-7961-5181-0]

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Nuwe Bundel. Rudolph Willemse: swartland
Nuwe Bundel. Maletta Fourie: lugspieëling →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d