Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
2 July 20243 July 2024

Nuwe Bundel. Johann de Lange: Miniatuur

Miniatuur

Johann de Lange

Omslag

In Miniatuur vind ons ʼn behendige hantering van die kwatryn soos die digter ook in die vorige twee bundels, Weerlig van die ongeloof en Duimnaelsketse, gedoen het. Die gedrongenheid en dissipline maak die kwatryn ʼn uitdaging, en dié digvorm is duidelik ʼn vorm wat dié digter aanstaan.

Die 102 kwatryne is in vyf afdelings opgeneem, en open met “Skryf as bonsaikuns”:

Skryf as bonsaikuns

Die aandag van die oog se lens

& die gawe van die verdig(sel)kuns

(die tydsaam verbuig & wegfl ens):

openbaar die kwatryn as bonsaikuns.

 

Die langsame buig en wegsnoei om die bonsai tot stand te bring word vergelyk met die skryf van die kwatryn waar soortgelyke arbeid nodig is om aan die eise van die kwatrynvorm te voldoen.

Die eerste afdeling, I Voëls, bevat kwatryne oor die natuurlike lewe, die seisoene; II Middernagtrein bevat kwatryne oor liefde, erotiek, die seksuele terwyl III Kom herfs, kom winter verse bevat wat handel oor oudword, verval, ontluistering; IV Afsien bevat kwatryne wat veelal oor die dood handel, oor afskeid en verlies. Die kwatryne in hierdie verskillende afdelings praat met mekaar, antwoord mekaar, en vir die belese leser is daar ʼn volgehoue gesprek met die Afrikaanse digtradisie.

Die bundel sluit af met V Rust-mijn-ziel, sestal kwatryne wat Hennie Aucamp gedenk.

Oor die outeur

Hierdie Hertzogpryswenner vir Poësie is ook benewens digter, ’n vertaler, samesteller en redakteur.

Hierdie veelsydige digter het nie net die Hertzogprys vir Poësie in 2011 vir Die algebra van nood verower nie, maar ook die Ingrid Jonker-prys (Akwarelle van die dors;1983) en die Rapportprys (Wordende naak; 1990).

Hy ontvang ook die Avanti-toekenning vir sy dokumentêre werk oor Ingrid Jonker.

Hy publiseer verskeie digbundels, kortverhale asook vertalings (Hy vertaal Wilma Stockenstrom in Engels en Herman Charles Bosman in Afrikaans.)

Lesers sal enduit geboei word deur sy nuutste digbundel.

 

[2024 Naledi. Formaat: SAGTEBAND. 213 mm x 137 mm. 126 BLADSYE. Prys: R275.00. ISBN: 978-1-991256-99-7]

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Nuwe Bundel. Jan Pretorius: Stil gesprek
Resensie: “Miniatuur”. (Johann de Lange) →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: "Miniatuur". (Johann de Lange)
  • Boekbespreking: “Taboek” (Riku Lätti)
  • Resensie: “Stil gesprek” (Jan Pretorius)
  • Resensie: Vlindervreter ( Melanie Grobler en Christiaan Diedericks)

Nuutste bydraes

  • 100 Duitse Bestes: Jakob van Hoddis (1887-1942)
  • 100 Duitse Bestes: Georg Heym (1887-1912)
  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Agterstevoorom
  • Joan Hambidge. Bertolt Brecht in Afrikaans

Nuutste kommentaar

  1. Bernardus Johannes Odendaal on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)15 July 2025

    Gerard, die vertaling van die gedigte was 'n herkennismaking soos min.

  2. Gerard Scharn on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)13 July 2025

    Geweldig dichter, Benn. Toen ik hem leerde kennen werd ik door het lezen van zijn gedichten zelf ook dichter.

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)11 July 2025

    Hierdie vertalers gee vir ons een van die beste projekte nog op hierdie webblad. Ek lees tans Brecht sing Afrikaans…

  4. Jannie Pretorius on Joan Hambidge. Hierdie lewe11 July 2025

    Mooi!

  5. Eugene Vorster on RIV Christiaan Diedericks7 July 2025

    “Live your Truth” vir Chris skielik is dit stil/ byna subliem/ (jy sal verstaan)/ net nou en dan ‘n nat…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d