Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
10 July 2024

Pirow Bekker. Splinteroud

 

Splinteroud

 

“Sy mombakkies is af!”

Die vissers op die boot

het gesien hy vang sy eerste vis

en so hom ingesout,

min geweet van sy masker – dat dit

reeds veel vroeër geskuif is,

oorlangs gelig het

met gedigte-aktiwiteite

in klipworpe verdoesel –

‘n klip, het hy aangevoer

kan, reg hanteer,

wegsing uit sy dooie kring.

 

Die woorde was te hortend,

het dié wat ore het, beweer.

Hoewel – half kwalik – digter te noem

slaag sy vuurklip nie daarin nie

om die aarde aan die brand te wroem.

 

Nou, met die kop op ‘n kierie

in sy swakheid

op sleeptou geneem

deur die musieklike Marsyas

wat met die fluit,

deur ‘n godin verwerp

omdat dit sterk, jong asem verg,

om bome te laat dans

en klippe te laat sing,

keer hy die soveelste keer terug,

maar pleks van ‘n fluit na sy lippe bring.

soek hy weer die klip wat self kan sing.

 

In ‘n oord vir afgeleefdes

is daar nouliks klank uit klip te haal,

het die sang verstik,

is die fluite van ‘n sater onvanpas,

lok in sy oerstil versameling

net die splinter

van kwarts of kwartsiet

nog belangstelling uit:

noodsaaklike werktuig

vir die eertydse jagter

om die karkas van ‘n bok

los te sny van vel en been –

doelgerig die heuningklou van klip

moes afskud vir die nugter snit.

 

© Pirow Bekker, 2024

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Pirow Bekker. Skakeltuin
Pirow Bekker. Plekke herbeset →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d