Daar is blomme in elke vrou
Toe jy jonk was, was jy piepklein.
’n Rwadese dwerg-waterlelie
en as tiener veelkleurige Impatiens.
Later ’n blosende Bergbruidjie.
Maar nou is jy ’n Rooi Disa.
Die brandwag vir jou gesin.
Jy blom op die rant van kranse
en hoog bo watervalle.
Jy staan fier en regop
soos’n Bergaalwyn
– ’n beskermer en
geneser van pyn,
In droogtetoestande,
wanneer die son skroei,
verlep jy nie, maar
dra jou man en kinders deur.
Jou hande is diensbaar gegeur,
twee uitgestekte Trompetlelies.
Jy trek ’n Gousblomkombers
vol hoop oor ander.
Jy is ‘n Vygie. As jou blare
tussen duim en wysvinger
knak, loop daar waterige sap
uit, maar jou vergifnis bedek alles.
Jou liefde blom in oorvloed.
soos Kosmos. Jou saad
is wyd verspreid
langs die paaie waar jy loop.
Jy is soos die Koningsprotea:
’n Nasionale blom,
© Marthé McLoud, 2024