Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
12 August 2024

Marthé McLoud. Kante van kindwees

 

Kante van kindwees

 

I

 

Die kind is vir ewig vasgevang in ‘n raam

sonder ‘n blertsie winterson op haar gelaat.

Haar oë is twee wydgeplante bome

vol wind en weer en droewig

op soek na lentebloeisels in die koue.

 

Dié klein tinktinkie wat moet wip en pik en vlieg

sit vasgegom, regop en volmaak

soos ‘n houtpop sonder ’n kraak,

met ‘n gerf blomme in haar hande vasgeklou.

 

II

Die kind speel buite onder die swanger son

en deur die blare val vingers goud

op haar gesig. Haar kop is ’n ballon

vol kinderdrome. Haar oë kyk wyd

en glinster soos die dou op blare.

 

Die kind eekhorinkie-klim in bome,

Sy trek die patrone van die bas

met haar vingers na.  Sy hardloop

saam met haar hond rond en bak

modderkoekies.

 

In haar hande hou sy

’n konfytfles vol paddavissies.

 

©Marthé McLoud, 2024

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Marthé McLoud. Daar is blomme in elke vrou
Marthé McLoud. Vrou →

1e kommentaar op “Marthé McLoud. Kante van kindwees”

  1. Marieta McGrath says:
    12 August 2024 at 10:40

    Ek hou daarvan.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: "Miniatuur". (Johann de Lange)
  • Boekbespreking: “Taboek” (Riku Lätti)
  • Resensie: “Stil gesprek” (Jan Pretorius)
  • Resensie: Vlindervreter ( Melanie Grobler en Christiaan Diedericks)

Nuutste bydraes

  • 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (II)
  • Jakes Moller. Peter Place straat, Bryanston
  • “Stil gesprek” (Jan Pretorius) nou in Duits beskikbaar
  • Digtersprofiel: Andries de Beer
  • Digtersprofiel: Anita van der Walt

Nuutste kommentaar

  1. Eugene Vorster on RIV Christiaan Diedericks7 July 2025

    “Live your Truth” vir Chris skielik is dit stil/ byna subliem/ (jy sal verstaan)/ net nou en dan ‘n nat…

  2. Charl-Pierre Naude on Resensie: “Merang” (Neil Cochrane & Alwyn Roux Reds.)7 July 2025

    Hierdie is 'n teleurstellende en ongeinspireerde resensie deur 'n resensent van wie mens veel meer verwag. Dit lyk meer na…

  3. Bernardus Johannes Odendaal on Ingeborg Bachmann – vertaling in Afrikaans5 July 2025

    Ek stem met Daniel saam!

  4. Bernardus Johannes Odendaal on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)3 July 2025

    Baie dankie, Joan!

  5. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)3 July 2025

    Skitterende digter! Puik vertaal.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d