Henry Moore
(“There is in nature a limitless variety of shapes and rhythms”)
Klippe, berge, rotse,
bome, struike, bosse,
goggas, diere, mense,
strepe, lyne, klosse
beweeg in totaal diverse figure
– boepens of skraal,
swaar of vliesig-lig,
behaard, gekleed of kaal –
’n potpourri patrone/ritmes
almal bly verruk/verplig
om natuur se tempo’s af te meet.
Die kreator-kapper met sy beitel
probeer die regte maatslag hou
deur na-aapbeelde uit die marmer
adret en sinryk uit te kou.
© Meyer van Rensburg, 2024