Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
17 August 2024

Marieta McGrath. pasmaak

 

pasmaak 

 

my kind is al sewe

sy dra nou skoolklere

die moue is klaar weer te kort die pype ook

wat uitsteek is dun

soos ‘n steenbok se agterpootjie

sy sit voor die klavier soos ‘n meerkat

twee duime op middel c

wagtend op bevele haar voete

bengelend

 

en soms is sy sewe en

sy messel modderkoeke

en snuif en vee ‘n streep

tot by haar oor dan

brul sy vir haar broer soos

Maurice Sendak se Max

jaag hom en skree

nes ‘n hadida

 

ek kyk na haar

en sy klim terug in my lyf

terug deur die geboortekanaal

krul op soos ‘n ietermagog

probeer haar lê kry trap

my heupe uitmekaar

draai om kussing haar kop op my blaas

gaap en strek uit teen my diafragma

kloof my ribbekas

wyer

boor soos ‘n erdwurm deur

die grond van my hart so

 

probeer ek haar pasmaak

my bekkenbeen pyn

 

©Marieta McGrath, 2024

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

5e gedagtes oor “Marieta McGrath. pasmaak”

  1. Marieta McGrath says:
    20 September 2024 at 10:39

    Dankie, Jannie.

    Reply
  2. Jannie Pretorius says:
    16 September 2024 at 15:17

    Ek soek woorde, maar ek sukkel omdat dit so vreeslik mooi is.

    Reply
    1. Marieta McGrath says:
      20 September 2024 at 10:39

      Dankie, Jannie.

      Reply
  3. Alwyn Roux says:
    17 August 2024 at 19:59

    Uitstekende gedig, Marieta.

    Reply
    1. Marieta McGrath says:
      20 September 2024 at 10:40

      Dankie, Alwyn.

      Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d