Vlug
Met rooigekleurde rastalokke
vol reënboogkrale,
’n groen jas met ’n animal print-omboorsel,
pienk boots, blou naels
en ’n neusring soos dié van ’n bul,
sweef sy na die ontvangsdame
met ’n “Hallo darling”.
Alles vloei terug na my,
hier waar ek saam met die armes
in ‘n wagkamer sit,
en ek onthou dié stormgejaagde
vrou vlugtend van ’n wreedaard,
vasberade om haar uit te spit –
’n duiwel met ‘n vurk –
om haar soos vullis te verwyder.
Dis Blommekind
(my bynaam vir haar)
die kaalvoethippiehipster-vrou
in haar geverfde blommerok
en ek onthou hoe sy altyd
by my kantoor ingewarrel het met
die drie bleek vegan-kindertjies
aan die hand,
besig om uit haar sak
verf, kleurkryte en papier te haal,
terwyl sy my van die monster vertel
wie se oë die hele wêreld
deurboor op soek na haar.
My hart swel terwyl ek na haar kyk,
want hier sit sy nou
tien jaar later, fier regop
soos ’n sonneblom
en haar hare is vlammende sonstrale,
© Marthé McLoud , 2024