Veldbrand
Bakoor, bakoor, het jy verskerpte gehoor
waar jy sit teen die harde maanhaar se staan,
waar vlugtelinge stroom uit ‘n bewoonde kambro,
verrimpeld onder ‘n rokie wat opwaarts spiraal.
Alles wat fyn was, het verdwyn in die brand,
en wat flenterig was aan boom en bos is verstomp,
ook jy slaan ‘n beeld in die skyf van die maan,
hou miskien ‘n malmier se manewales nog dop.
‘n Voëlvlug oor die landskap bring my by brande
in ‘n winternaggedig oor verbleking en kou,
maar pleks van ‘n druppel dou in ‘n grashalm se vou
blink hier waarskynlik in die saad ‘n termiet wat vertrou
hy is veilig verwyder van die aarde se verwoesting
en lank daarna nog die duineveld in bande van rou.
© Pirow Bekker, 2024
