Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
26 August 20242 August 2024

Digtersprofiel: Henriëtte van Wyk

Henriëtte van Wyk is ’n gebore en getoë Namibiër. Sy matrikuleer aan die Hoërskool Mariental en studeer onderwys aan die Wellingtonse Onderwyserskollege in die Boland.

Mense, musiek, Afrikaans en haikoes is haar passie. “En my man …!”

In haar 33-jaarlange loopbaan van onderwyser het sy al enige vak onderrig (gr. 1 tot gr. 12) – net nie houtwerk nie! Daarvoor asook vir haar digkuns ontvang sy sedert 2007 verskeie ATKV-toekennings. Die kreatiwiteit van kinders voed haar siel.  “Ek beskou dit as ’n voorreg om die skrywer, redenaar of akteur te help ontsluit.”

Henriëtte is die stigter (2007) van ’n nasionale skole skryfkompetisie, WALTONS-GRIFFEL, en was tot 2011 aan spits van sake. Huidig is sy betrokke as beoordelaar in Digkuns Gr. 8 – 12. Henriëtte is sedert 2017 ook op die bestuur van die Windhoek Woordfees.

Sy skryf sedert studentedae, aanvanklik bloot om waarnemings en emosies op papier vas te vang.  In die 1990’s ontdek sy haikoes.  “Haikoes is my nis.  Dit is skaars vyf jaar gelede dat ek die skryf van gedigte ernstig begin opneem het.  Verskeie ATKV Pluimpie- en Veertjie-toekennings asook ’n digkunsskryfkursus o.l.v. Carina Stander in 2019 het my uiteindelik motiveer om verder te werk as net ’n vlugtige neerpen van woorde.”

Sy gee in 2016 ’n digbundel, Padhaikoes uit Namibië, uit.  Van haar gedigte is in 2018 en 2019 in Stemme uit Namibië 1 & 2 opgeneem.  In die 2019 Windhoek Woordfees Skryfkompetisie deel sy die tweede plek in Digkuns. Land onder woorde, saamgestel deur dr. Chrisna Buike-Muir, Senior Lektor (Afrikaans en Nederlands) aan die Universiteit van Namibië en medestigter van Windhoek Woordfees (2013), is so pas uitgegee.  Van Wyk se gedigte verskyn ook daarin.

Van Wyk beskryf haarself as iemand wat lief is vir stilte: “Stilte gee my krag”.

 

 

 

 

[Nota van die Versindaba redaksie: Ons wil graag nuwe en ou digters aanmoedig om vir ons opgedateerde profiele aan te stuur na taljard.marlies@gmail.com 

Van ‘n digter wat al een of meer solo-bundels by ‘n erkende uitgewer gepubliseer het, versoek ons die volgende:

      • ‘n Redelik onlangse foto in JPG-formaat
      • ‘n Lys van publikasies (ook die belangrikste nie-poëtiese publikasies)
      • ‘n Kort lewenskets wat inligting bevat oor o.a. waar en wanneer jy gebore is en grootgeword het, waar jy studeer het, watter beroep jy beoefen of waarmee jy jou tans besig hou, waar jy op die oomblik woon, ens.
      • Enige ander interessante feite oor jou

Skryf asseblief die profiel in narratiewe vorm en nie as ‘n reeks feite ondermekaar nie, ten einde dit meer lesersvriendelik te maak.

Indien jy bereid is om ‘n profiel te skryf oor ‘n gestorwe digter, laat weet my asseblief by taljard.marlies@gmail.com]

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Digtersprofiel: Ilse van Staden
Digtersprofiel: Jasper van Zyl →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid
  • Nuwe Publikasie. Ilse van Staden: Metamorfose
  • Digtersprofiel: Bernard Odendaal
  • Gerard Scharn. het was verschrikkelijk
  • Nuwe Bundel. Margaret Cordier-Biermann: Spiraal

Nuutste kommentaar

  1. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

  2. Johan Coetzee on Joan Hambidge. Om die hemel te dekonstrueer30 August 2026

    Die hemel... of hel is opgedollie.

  3. DIETLOFF VAN DER BERG on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)28 August 2026

    Soekie, ja, ek stemsaam. Van 'Boondoks' tot 'Gelykenis' is daar net soveel wat mens tref en weer wil herlees.

  4. Soekie Vogel on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)27 August 2026

    Hambidge het haarself oortref in haar digsiklus oor De Lange. Aangrypend.

  5. Daniel Hugo on Ilse van Staden. Die Dans25 August 2026

    'n Wonderlike huldeblyk aan die digter se moeder en Van Wyk Louw.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d