By nabaat
Abraham H. de Vries
Padkaarte dié gee jy vir ons, oopgevou
in jou kortverhaalboek, wat in my motor staan,
langs ‘n wegenkaart en hulpdiens van wie-ook-al,
vir al my reise van hier na nêrens oor dale en berge.
Waar is jy nou meesterstorieverteller? Praat jy
en Hennie dalk nou met mekaar? En hoe lyk die kontrei
aan die Anderkant? Is daar ‘n volmoed se gasie in dié plek
wat ons net deur stories en vertellinge kortliks verstaan?
Die dubbeldoor van ons bestaan naatloos inmekaar gevou:
‘n kaartspeler, ‘n jongleur, met vele kaarte in jou storiemou.
© Joan Hambidge

Mooi, Joan,