Sequoia
Op syn Latyns Sequoiadendron giganteum,
immergroen, altyd lewendig, hierdie Grizly Giant.
In Vertigo van Hitch, meen Madeleine dat dié boom
eerder háár mortaliteit sprekend beklemtoon.
In die Sierra Nevada staan hulle steeds hul staan,
vernoem na die Cherokee-hoof, ene Sequoyah.
Josiah Whitney het in sy Yosemite Book doer
In 1868 als reeds opgeskryf. Sequi (om te volg):
tussen Latyn, Tsalagi en Engels praat dié boom
sy eie taal: ‘n durende iteratief van nie-vergaan.
© Joan Hambidge, 2024