Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
26 September 2024

Mediaverklaring: Antjie Krog se “Plunder” wenner van die Helgaard Steyn-prys vir skryfkuns 2024

 

 

 Antjie Krog se digbundel Plunder is aangewys as die wenner van die Helgaard Steyn-prys vir skryfkuns vir 2024, met prysgeld van R675 000.

Dié prys word sedert 1987 jaarliks aan Suid-Afrikaanse kunstenaars toegeken – om die beurt aan ’n skilder, skrywer, beeldhouer of komponis.

Dit is die tweede keer in die geskiedenis van die Helgaard Steyn-prys vir skryfkuns dat die wenwerk ’n digbundel is. Breyten Breytenbach het dit in 1996 gewen met Nege landskappe van ons tye bemaak aan ’n beminde. Dit is ook slegs die tweede keer dat ’n vrou die skryfkuns-prys kry. Dit is in 2008 gesamentlik aan Marlene van Niekerk vir Agaat en aan Hermann Giliomee vir Die Afrikaners toegeken.

Afrikaanse werke – fiksie of niefiksie – wat tussen 2020 en 2023 verskyn het in ’n oplaag van minstens 300 eksemplare, het in aanmerking gekom vir die prys. Saam met Plunder op die kortlys, was die romans Decima (Eben Venter), Gebeente (Etienne van Heerden), Dinge van ’n hond (S.P. Benjamin) en Van vaders en vlugtelinge (S.J. Naudé), sowel as Naudé se kortverhaalbundel Dol heuning.

Toe Krog van die prys hoor, het sy as volg gereageer: “Om vir ’n oomblik raakgetrap word deur die gode! Dis wanneer ’n digter ’n toekenning met monetêre waarde ontvang . . . Dis tans buite my vermoë om die omvattende effek van so ’n groot (en diep Vrystaat-gewortelde) eerbewys te omskryf in terme van jou oudag-oorlewing as digter . . .”

Prof. Henning Pieterse van die Universiteit van die Vrystaat, sameroeper van die paneel, skryf in die commendatio: “Een kenmerk van ’n groot skrywer – in hierdie geval ’n digter – is dat hy/sy hom/haar met en deur elke boek of bundel vernuwe en verdiep. En dit is presies wat Krog met haar jongste aanbod doen: Sy herbesoek verskeie aspekte uit haar oeuvre, maak hulle nuut en ‘praat’ met ’n steeds sterker wordende stem met die leser.”

Die ander paneellede was prof. Thys Human (Noordwes-Universiteit) en me. Valda Jansen. “Binne die konteks van uiters sterk mededinging was dit vir die beoordelaars ’n voorreg om Plunder as die wenner van die Helgaard Steyn-prys vir skryfkuns vir 2024 aan te wys,” sê Pieterse.

Plunder, wat in 2022 deur Human & Rousseau uitgegee is in die jaar toe Krog 70 geword het, is in 2023 met die Hertzogprys en die UJ-prys vir skeppende werk bekroon.

 

Antjie Krog – Fotokrediet Brenda Veldtman

 

“Gelees vanuit die titel, ‘plunder’ die digter onder meer haar eie en ander digters en skrywers se werk, maar die ‘plunder’-tema word voorts breër afgestem op die aftakeling van die ouer wordende liggaam deur die tyd en die vernietiging van die land en die aarde as geheel deur die mens – op politieke en ekologiese vlakke,” lui die commendatio.

Verdere ontvangers van die skryfkuns-prys is: Karel Schoeman vir ’n Ander land (1988); John Miles vir Kroniek uit die doofpot (1992); John Kannemeyer vir Leipoldt: ’n Lewensverhaal (2000); Dan Sleigh vir Eilande (2004); P.G. du Plessis vir Fees van die ongenooides (2012); Willem Anker vir Buys (2016); en Lodewyk G. du Plessis vir Die dao van Daan van der Walt (2020).

Die prys word deur die Helgaard Steyn-trust toegeken wat tot stand gekom het uit die boedel van dr. Jan Steyn, in lewe ’n diplomaat, boer en direkteur van maatskappye, wat die trust na sy pa vernoem het.

Vir die volledige commendatio en vir meer inligting oor die Helgaard Steyn-pryse, besoek helgaardsteynpryse.co.za.

 

Medianavrae

Vir medianavrae kontak die Helgaard Steyn-pryse by info@helgaardsteynpryse.co.za.

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d