Elihu
die vrou kom aangestap
oor die vlakte
in haar wye rok
hul groet wang aan wang
die geur van grond en plante
hang aan haar hals
by die palmbos
die stroompie verby
het hy haar gekry
op ‘n trooster oopgesprei
breek hy brood – smeer salf
vir haar honger en ‘n gewese wederhalf
© Margaret Cordier