Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
21 October 2024

Nuwe Bundel. Eunice Basson: ’n Ander wêreld

’n Ander wêreld

Eunice Basson

Omslag

Eunice Basson se derde bundel staan in die liriese en suggestieryke tradisie van haar twee vorige bundels: Leiboom (2014, Queillerie) en By die dag (2020, Protea Boekhuis). In ’n Ander wêreld fokus sy op die skoonheid en besondersheid van die alledaagse bestaan, die wonder van die kleine moment en die ander wêrelde wat hierdeur geaktiveer word:

Klein koninkryk

In ’n droë blomsteel van ’n agapant

is ’n wêreld in die kleine versteur

toe verkenners soos ’n oop kraan

oor die tuinier se snoeiskêr spoel:

Verskans teen die koue skuil

’n nes swart miertjies wat paraat

oor hordes larwes waak tot die eerste

tekens van lente hier en daar

in klein botsels aanmeld, dopluise

vol heuningdou hulself vir die kolonie

aanbied, en ’n nuwe geslag afstig

met ’n bloedeie koningin.

Vir die tuinier: ook ’n nuwe seisoen

van snoei en bot, van bloei en verwelk.

 

Prof. Alwyn Roux skryf die volgende oor die bogenoemde gedig: “[Hierdie gedig] illustreer pragtig hoe ’n mikrokosmos binne ’n agapant-blom vasgevang word. Nie alleenlik fokus die inhoudelike aspekte op hierdie fantastiese element van die blom en die ander wêreld wat dit huisves nie, maar dit zoem ook uit na die tuinier wat die blom snoei. Die digter is dus ook ’n samesteller van ’n bloemlesing, wat hierdie ander wêrelde van die natuur nader aan die mens se realiteit bring, maar self ook aan dieselfde natuur, van lewe, groei en doodgaan, onderdanig is.”

Basson se woordskilderye is klankryk, organies en intuïtief, maar is ontdaan van sentimentaliteit. Sy skryf oor die natuur en wêreldgebeure, asook treffende gedigte oor haar familiegeskiedenis en die dood van haar broer. Baie lesers sal hulle met die temas in die bundel kan vereenselwig.

Oor die outeur

Eunice Basson is ’n kunshistorikus en voormalige dosent aan UP en Unisa. In 2011 behaal sy die MA-graad in Kreatiewe Skryfkuns aan UP. Sy debuteer einde 2014 met die digbundel Leiboom en in 2015 behaal dié bundel die kortlys vir die Ingrid Jonkerprys.  In 2018 is haar gedig getiteld Almanak een van die drie wenners in Litnet se Tyd- Skryfkompetisie.

 

[Protea Boekhuis 2024. PRYS: R220.00 (BTW ingesluit). FORMAAT: 137 x 213 mm. HARDEBAND/SAGTEBAND: Sagteband. AANTAL BLADSYE: 72. ISBN: 978-1-4853-1580-3.]

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Nuwe Bundel. I Wish I’d Said… Vol. 7
Boekbekendstelling: ‘n Ander wêreld (Eunice Basson) →

2e gedagtes oor “Nuwe Bundel. Eunice Basson: ’n Ander wêreld”

  1. Bernard Odendaal says:
    28 October 2024 at 19:27

    A, hier wag (weer) ‘n boeiende leeservaring.

    Reply
    1. Eunice Basson says:
      29 October 2024 at 16:56

      Beste Bernard,

      Dankie, sjoe…!

      Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d