Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
22 October 2024

Pirow Bekker. My heilige Sondags

 

My heilige Sondags

 

Op hierdie oomblik vloei heilige riviere

deur talle plekke, sleur stuwalle mee,

gryp in by onheilige praktyke

van selfsugtige kanale, serwitute.

Onbewus dat leeglê ook die opstand dien,

was, te oordeel na lukraak uitbarstings, myne …

 

Die wêreld, deuraar van die “Reinstes”,

het my rivier nie nodig geag nie

soos dit in onbruik droog deur my plaas

se versinkte draaifonteine kronkel, weg

na waar hy laer af, oplaas moontlik ‘n stroom

kan word, kabbelend eggo’s uit die gladde

wande weerskant kan losmaak en ek

met hom kan praat. Ná ‘n wolkbreuk

het uit Perdepoort hoër in die winterveld

‘n kommando opgeruk waaraan Kukkuk se hoogte

‘n waterval kon besorg, maar tot ‘n knik bedaar

onder ‘n gebed geprewel vir die klein bokkies

wat in hul baldadigheid mekaar

van die krom soetdoringstamme stamp en galla

meebring deurdat hulle op die toppunt van hul drif

die lewe kon verlaat.

 

“Kleintyd al het ek vermoed jy, Sondags, groei later aan

tot ‘n volwaardige rivier, maar jou versteurde sand

kon my verbeelding aanwakker sodat jy in my oë

veel meer geword het as die mooi gesigte

van geil boorde in hemelse valleie. Jy is gereinig

tot die droesem van klipplaat, gorra en klein kuile.

Jou weinig erg aan sentrifugale voorspoed

het die gevoel gegee jy berg iewers die geheime

van Bybelse lewende water, ver van

besoedeling en brak.

 

“Van meet af kom jou naam my eindeloos fassineer,

roep dit die bowe-aardse op soos die geboortestal

met os en esel wat op ‘n Sondag nie mag werk nie.

Het die naam gekom uit die gewete van ‘n oewerboer

in wie se leibeurt hy nie sy lande kon benat nie

en die Sabbat moes onteer. Die blaam gerieflik

op die rivier wou pak? Of – vir my aanneemliker –

kom dit van die Woord oor waters waar rus is

en waar die waters self moet rus.”

 

Ek het ander bolope opgesoek,

in Valleie van Verlatenheid gedwaal

en uiteindelik gesit met ‘n duisend indrukke

waarvan die naam onuitwisbaar is

en my steeds laat wonder: Gebore

buite die skeppingsorde het heiligheid

hom nogtans aangekleef; nie aangeplak nie,

maar uit die lewe self gekom om te bly

in wind en reën en helder son oordags.

 

© Pirow Bekker, 2024

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d