Notre Dame katedraal
Die klokke lui weer in die katedraal
ná die brand verwoestend: 15 April in 2018.
Dit beier ons-is-meer-as-vlees-en-bloed,
kan vermeerder soos daardie brode en visse …
Op my tafel, ‘n klein Jesus-beeld, gesien
en aangekoop in New York vóór 9/11:
die verbintenisse onsigbaar sigbaar rugbaar
tussen lewendes en dooies heimlik geaktiveer.
Hulle roep steeds na ons, die vertrekkendes,
soos die klokke weer lui in hierdie katedraal.
© Joan Hambidge, 2024

Mooi gedig. Die melankolie spreek my aan. Dankie.