Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
13 November 202413 November 2024

Digtersweek 2024: Terugvoer

 

Almal is dit eens, dit was ’n reusesukses!

 

Ná afloop van die aanbieding van Digtersweek 2024, ’n nuwe inisiatief deur Amanda de Lange, lewensafrigter en mentor vir ontluikende skrywers, is almal wat daarby betrokke was dit eens dat dit ‘n reusesukses was.

“Dit was ook veral lekker dat twee internasionale deelnemers, een vanuit Colorado in die VSA en die ander vanuit Australië, ook die heerlikheid kon meemaak,” het De Lange gesê. Dis egter nie neusie verby as jy dit misgeloop het nie – belangstellendes kan teen  ’n verminderde tarief toegang tot die opnames bekom (sien onder).

“Uit die gesprekke met die deelnemers het dit duidelik geword dat daar baie mense is wat rustig besig is om hul digvaardighede te slyp en te poets. In dié opsig het gesprekke soos dié tydens Digtersweek ’n waardevolle rol te speel in die slypproses, maar eweso as aanmoediging,” het Johan Myburg, een van die digters in die paneel van vyf, agterna gesê.

Volgens hom was die reeks gesprekgeleenthede gevul met “hope variasie, met oemf en met volop geleenthede vir deelname”.

Ander digters wat aan die reeks gesprekke deelgeneem het, is Diana Ferrus, René Bohnen, Alwyn Roux en Danie Marais.

Hulle was dit eens dat dié week, gevul met gesprekke oor aspekte van die digkuns, sielsverrykend en leersaam was. “Om in net een week soveel te leer van meester-digters was ’n groot voorreg. Die digter is nooit klaar geleer of geskryf nie. En oomblikke soos die Digtersweek herlaai batterye en verhoog inspirasie,” het Ferrus gesê.

“My indrukke van die deelnemers is dat hulle glad nie onkundig is nie, maar honger vir inligting, gesprekvoering en algemene raad van ander digters. Veral as ’n mens ver woon van ’n skrywersgemeenskap, kan die isolasie oorweldigend raak – mens kan voel jy skryf in ’n gapende leemte in,” meen Bohnen.

Die deelnemers was eweneens geesdriftig. Kobus Burger, programbestuurder by RSG en skrywer van die bekroonde radiodrama Mara wie?, het gesê Digtersweek was “kos vir die siel en die kreatiewe gees, met ’n heerlike verskeidenheid van stemme, perspektiewe en praktiese wenke”.

Volgens Burger was Digtersweek ver meer leersaam as van die duur kursusse oor die digkuns wat hy al gevolg het. “Ek het bladsye en bladsye se nota’s gemaak. Daar was ook tientalle bronne,” iets wat volgens hom nie altyd beskikbaar is met ander opsies nie.

Jacques Boshoff, nog ’n deelnemer het laat weet dat hy Digtersweek as ’n wonderlike inisiatief beskou wat hy baie leersaam gevind het. “As ’n onervare digter is dit altyd lekker om skouers te skuur met ervare digters en by hulle te leer, en Digtersweek 2024 het die perfekte platform daarvoor gebied.

“Die sessies was virtueel aangebied na werksure, wat dit toeganklik maak. Omdat die sessies lewendig aangebied is, het dit die deelnemers ook die geleentheid gebied om direk met die ervare digters te gesels en vrae te vra. Die sessies was nie vermoeiend nie en daar is waardevolle insigte gedeel.”

Volgens Boshoff is dit ook ’n voordeel dat al die sessies opgeneem was en aflyn beskikbaar is omdat die deelnemers weer en weer na die sessies kan gaan kyk.

“Digtersweek 2024 het al my verwagtinge oortref,” sê Elmarie Stofberg. “Ek het aanvanklik gedink dit gaan die algemene eenrigting-aanlyn-aanbieding wees. Toe glad nie!  Uit elke aanbieding het ek soveel meer gekry as wat ek verwag het.  Nie net was die aanbieders briljant nie, maar was die deelname en insette van mede-skrywers/kursusgangers ook van onskatbare waarde.  Dit is so nodig om saam, van en bymekaar te leer in ’n veilige en toeganklike ruimte. Ek sien baie uit na die volgende Digtersweek!”

Willem Krog, nog ’n deelnemer, het gesê die gesprekke was kos vir die siel en die kreatiewe gees met ’n heerlike verskeidenheid van stemme, perspektiewe en praktiese wenke.

Alwyn Roux, wat die villanelle bespreek het, het agterna gesê: “Dit was heerlik om saam met die deelnemers die struktuur en die unieke uitdagings van die villanelle te verken. Een deelnemer  was só geïnspireer dat hy ná die werkswinkel aan my genoem het hy kon na die werkswinkel nie slaap nie – só opgewonde was hy oor die ontdekking van hierdie pragtige en komplekse versvorm.”

  • Die volgende Digtersweek sal in Maart 2025 plaasvind. Die paneel sal teen middel-Februarie bekend gemaak word en belangstellendes sal weereens van oral oor kan deelneem.
  • Belangstellendes wat die week misgeloop het, maar graag in die aflyn-opnames wil deel, kan teen die verminderde tarief van R450 toegang daartoe verkry. Stuur net ’n e-pos aan amanda@amandadelange.co.za om meer hieroor te wete te kom.

Uitgereik deur Amanda de Lange

082 491 5308

amanda@amandadelange.co.za

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d